Psalm 41:1-13

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 41  Gelukkig is elkeen wat ag gee op die geringe;+In die dag van rampspoed sal Jehovah aan hom ontkoming verskaf.+   Jehovah sal hom bewaar en hom in die lewe hou.+Hy sal gelukkig genoem word op die aarde;+En u kan hom onmoontlik aan die siel van sy vyande oorgee.+   Jehovah sal hom op ’n siekbed onderskraag;+Sy hele bed sal u beslis gedurende sy siekte verander.+   Wat my betref, ek het gesê: “O Jehovah, betoon guns aan my.+Genees tog my siel, want ek het teen u gesondig.”+   Wat my vyande betref, hulle praat sleg van my:+“Wanneer sal hy sterf en sy naam vergaan?”   En as iemand kom om my te sien, sal sy hart onwaarheid spreek;+Hy sal vir hom iets skadeliks bymekaarmaak;Hy sal uitgaan; buite sal hy daaroor praat.+   Almal wat my haat, fluister eensgesind onder mekaar teen my;+Hulle bly iets slegs teen my beraam:+   “Iets waardeloos is op hom uitgestort;+Noudat hy gaan lê het, sal hy nie weer opstaan nie.”+   Ook die man wat in vrede met my gelewe het, op wie ek vertrou het,+Wat my brood geëet het,+ het sy hakskeen teen my groot gemaak.+ 10  Wat u betref, o Jehovah, betoon guns aan my en laat my opstaan,+Sodat ek hulle dit kan vergeld.+ 11  Hieraan weet ek dat u behae in my het,Omdat my vyand nie triomfantlik oor my uitroep nie.+ 12  Wat my betref, weens my onkreukbaarheid het u my ondersteun,+En u sal my tot onbepaalde tyd voor u aangesig stel.+ 13  Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word,+Van onbepaalde tyd, ja, tot onbepaalde tyd.+Amen en Amen.+

Voetnote