Psalm 42:1-11

Vir die musiekleier. Maskil vir die kinders van Korag.+ 42  Soos die takbokooi wat na die waterstrome verlang,So verlang my siel na u, o God.+   My siel dors inderdaad na God,+ na die lewende God.+Wanneer sal ek kom en voor God verskyn?+   My trane het dag en nag vir my voedsel geword,+Terwyl hulle die hele dag vir my sê: “Waar is jou God?”+   Aan hierdie dinge sal ek dink, en ek sal my siel in my uitstort.+Want ek het altyd saam met die menigte voortbeweeg,Ek het stadig voor hulle uit na die huis van God geloop,+Met die stem van vreugdegeroep en danksegging+Van ’n feesvierende skare.+   Waarom is jy wanhopig, o my siel,+En waarom is jy onstuimig in my?+Wag op God,+Want ek sal hom nog prys as my grootse redding.+   O my God, my siel is wanhopig in my.+Daarom dink ek aan u,+Van die land van die Jordaan en die pieke van Hermon af,+Van die klein berg af.+   Waterdiepte roep na waterdiepteBy die geluid van u waterstrome.Al u branders en u golwe+Oor my het hulle heengegaan.+   Bedags sal Jehovah sy liefderyke goedhartigheid bevel gee,+En snags sal sy lied by my wees;+Daar sal ’n gebed tot die God van my lewe wees.+   Ek sal vir God, my groot rots,+ sê:“Waarom het u my vergeet?+Waarom loop ek bedroef rond weens die verdrukking van die vyand?”+ 10  Met moord teen my gebeente het dié wat my vyandiggesind is, my gesmaad,+Terwyl hulle die hele dag vir my sê: “Waar is jou God?”+ 11  Waarom is jy wanhopig, o my siel,+En waarom is jy onstuimig in my?+Wag op God,+Want ek sal hom nog prys as my grootse redding en as my God.+

Voetnote