Psalm 43:1-5

43  Oordeel my,+ o God,En voer tog my regsaak+ teen ’n nasie wat nie lojaal is nie.Mag u aan my ontkoming verskaf van die man van bedrog en onregverdigheid.+   Want u is die God van my vesting.+Waarom het u my verstoot?Waarom loop ek bedroef rond weens die verdrukking van die vyand?+   Stuur u lig en u waarheid uit.+Laat dié my lei.+Laat dié my bring na u heilige berg en na u grootse tabernakel.+   En ek sal na die altaar van God gaan,+Na God, my jubelende blydskap.+En ek sal u op die harp prys, o God, my God.+   Waarom is jy wanhopig, o my siel,+En waarom is jy onstuimig in my?Wag op God,+Want ek sal hom nog prys as my grootse redding en as my God.+

Voetnote