Psalm 44:1-26

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag.+ Maskil. 44  O God, met ons ore het ons gehoor,Ons voorvaders het ons vertel+Van die dade wat u in hulle dae verrig het,+In die dae van lank gelede.+   U het met u hand selfs nasies verdryf,+En u het hulle toe daar geplant.+U het volksgroepe verbreek en weggestuur.+   Want hulle het nie deur hulle eie swaard die land in besit geneem nie,+En hulle eie arm het nie vir hulle redding gebring nie.+Want dit was u regterhand en u arm+ en die lig van u aangesig,Omdat u behae in hulle gehad het.+   U is my Koning, o God.+Gebied grootse redding vir Jakob.+   Deur u sal ons ons teenstanders omstoot;+In u naam sal ons dié vertrap wat teen ons opstaan.+   Want ek het nie op my boog bly vertrou nie,+En my swaard het my nie gered nie.+   Want u het ons van ons teenstanders gered,+En u het dié wat ons intens haat, beskaamd gemaak.+   Aan God sal ons die hele dag lof bring,+En tot onbepaalde tyd sal ons u naam prys.+ Sela.   Maar nou het u ons verstoot en bly u ons verneder,+En u trek nie saam met ons leërs uit nie.+ 10  U laat ons voortdurend agteruitwyk vir die teenstander,+En juis dié wat ons intens haat, het hulle deur plunder verryk.+ 11  U gee ons oor soos skape, as iets om geëet te word,+En onder die nasies het u ons verstrooi.+ 12  U verkoop u volk vir niks,+En u het geen rykdom verwerf deur die prys vir hulle nie. 13  U maak ons ’n smaad vir ons bure,+’n Bespotting en beskimping vir dié rondom ons.+ 14  U maak ons ’n spreekwoord onder die nasies,+’n Geskud van die kop onder die volksgroepe.+ 15  Die hele dag is my vernedering voor my,En die skaamte van my aangesig het my bedek,+ 16  Weens die stem van hom wat smaad en beledig,Weens die vyand en die een wat sy wraak neem.+ 17  Dit alles het oor ons gekom, en ons het u nie vergeet nie,+En ons het nie bedrieglik gehandel in u verbond nie.+ 18  Ons hart het nie troueloos agteruitgewyk nie,+En ook wyk ons voetstappe nie van u pad af nie.+ 19  Want u het ons op die plek van jakkalse verbrysel,+En u oordek ons met diep skaduwee.+ 20  As ons die naam van ons God vergeet het,Of ons ons palms na ’n vreemde god uitgestrek het,+ 21  Sal God dit nie uitvind nie?+Want hy ken die geheime van die hart.+ 22  Maar om u ontwil is ons die hele dag doodgemaak;Ons is as slagskape gereken.+ 23  Ontwaak tog. Waarom bly u slaap, o Jehovah?+Word tog wakker. Moenie vir ewig bly verstoot nie.+ 24  Waarom verberg u u aangesig?Waarom vergeet u ons ellende en ons verdrukking?+ 25  Want ons siel is in die stof neergebuig;+Ons buik het aan die aarde gekleef. 26  Staan tog op om ons te help+En verlos ons ter wille van u liefderyke goedhartigheid.+

Voetnote