Psalm 45:1-17

Vir die musiekleier, op “Die lelies”. Van die kinders van Korag. Maskil. ’n Lied van die geliefde vroue. 45  My hart is geroer deur ’n aangename saak.+Ek sê: “My werke is in verband met ’n koning.”+Mag my tong die stif+ van ’n vaardige kopiïs+ wees.   U is inderdaad mooier as die mensekinders.+Minsaamheid is op u lippe uitgestort.+Daarom het God u tot onbepaalde tyd geseën.+   Gord u swaard+ aan u heup, o magtige,+Met u waardigheid en u prag.+   En gaan in u prag voort tot sukses;+Ry ter wille van waarheid en nederigheid en regverdigheid,+En u regterhand sal u in vreesinboesemende dinge onderrig.+   U pyle is skerp—volke bly onder u val+In die hart van die vyande van die koning.+   God is u troon tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig;+Die septer van u koningskap is ’n septer van reg.+   U het regverdigheid liefgehad+ en u haat goddeloosheid.+Daarom het God, u God,+ u met vreugdeolie+ gesalf,+ meer as u metgeselle.+   Al u klere is mirre en aalwynhout en kassia;+Vanuit die grootse ivoorpaleis+ het snaarinstrumente u bly gemaak.   Die dogters+ van konings is onder u kosbare vroue.Die koninklike gemalin+ het aan u regterhand gaan staan in goud van Ofir.+ 10  Luister, o dogter, en kyk, en neig u oor;En vergeet u volk en u vader se huis.+ 11  En die koning sal na u skoonheid verlang,+Want hy is u heer;+Buig u dus voor hom neer.+ 12  Die dogter van Tirus ook met ’n geskenk+Die rykes van die volk sal u aangesig versag.+ 13  Die koning se dogter is die ene heerlikheid in die huis;+Haar klere het goue borduurwerk. 14  In geweefde klere sal sy na die koning toe gelei word.+Die maagde in haar gevolg as haar metgeselle word na u toe gebring.+ 15  Hulle sal met blydskap en vreugde gebring word;Hulle sal in die paleis van die koning ingaan. 16  In die plek van u voorvaders+ sal u seuns wees,+Wat u as vorste op die hele aarde sal aanstel.+ 17  Ek sal melding maak van u naam in alle toekomstige geslagte.+Daarom sal volke u prys tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.

Voetnote