Psalm 46:1-11

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag,+ op “Die meisies”. ’n Lied. 46  God is vir ons ’n toevlug en sterkte,+’n Hulp wat gedurende benoudhede maklik gevind kan word.+   Daarom sal ons nie vrees nie, al ondergaan die aarde ’n verandering+En al wankel die berge weg in die hart van die uitgestrekte see;+   Al is sy waters onstuimig en skuimend,+Al bewe die berge weens die geweld daarvan.+ Sela.   Daar is ’n rivier waarvan die strome die stad van God bly maak,+Die heiligste, grootse tabernakel van die Allerhoogste.+   God is in die stad;+ dit sal nie wankel nie.+God sal dit help wanneer die oggend aanbreek.+   Die nasies het onstuimig geraak,+ die koninkryke het gewankel;Hy het sy stem laat weerklink, die aarde het gesmelt.+   Jehovah van die leërs is met ons;+Die God van Jakob is ’n veilige hoogte vir ons.+ Sela.   KOM, aanskou die dade van Jehovah,+Hoe hy verbasende dinge op die aarde tot stand gebring het.+   Hy laat oorloë ophou tot aan die einde van die aarde.+Die boog verbreek hy en die spies kap hy stukkend;+Die waens verbrand hy met vuur.+ 10  “GEE toe en weet dat ek God is.+Ek sal verhef word onder die nasies,+Ek sal verhef word op die aarde.”+ 11  Jehovah van die leërs is met ons;+Die God van Jakob is ’n veilige hoogte vir ons.+ Sela.

Voetnote