Psalm 47:1-9

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Melodie. 47  Alle volke, klap julle hande.+Roep God triomfantlik toe met die geluid van vreugdegeroep.+   Want Jehovah, die Allerhoogste, is vreesinboesemend,+’n Groot Koning oor die hele aarde.+   Hy sal volke onder ons onderwerp+En volksgroepe onder ons voete.+   Hy sal ons erfdeel vir ons uitkies,+Die trots van Jakob, wat hy liefgehad het.+ Sela.   God het opgegaan met gejuig,+Jehovah met die geluid van die horing.+   BESING God met melodieë, sing melodieë.+Besing ons Koning met melodieë, sing melodieë.   Want God is Koning van die hele aarde;+SING melodieë, handel oordeelkundig.+   God het koning geword oor die nasies.+God het op sy heilige troon gaan sit.+   Die edeles van die volke het bymekaargekom,+Saam met die volk van die God van Abraham.+Want aan God behoort die skilde van die aarde.+Hy is baie hoog verhewe.+

Voetnote