Psalm 48:1-14

’n Lied. ’n Melodie van die kinders van Korag.+ 48  Jehovah is groot en baie lofwaardig+In die stad van ons God,+ op sy heilige berg.+   Mooi weens sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde,+Is die berg Sion aan die afgeleë kante van die noorde,+Die stad van die Grootse Koning.+   In sy woontorings het God bekend geword as ’n veilige hoogte.+   Want kyk! die konings het volgens afspraak byeengekom,+Hulle het saam verbygetrek.+   Hulle het gesien; en daarom was hulle verbaas.Hulle het ontsteld geraak, hulle is in paniek op die vlug gejaag.+   Bewing het hulle daar aangegryp,+Geboortepyne soos dié van ’n vrou wat geboorte gee.+   Met ’n oostewind laat u die skepe van Tarsis vergaan.+   Net soos ons gehoor het, so het ons gesien+In die stad van Jehovah van die leërs, in die stad van ons God.+God sal dit tot onbepaalde tyd stewig vestig.+ Sela.   Ons het oor u liefderyke goedhartigheid gepeins, o God,+In u tempel.+ 10  Soos u naam,+ o God, so is u lofTot aan die grense van die aarde.U regterhand is vol regverdigheid.+ 11  Laat die berg Sion+ hom verbly,Laat die afhanklike dorpe van Juda bly wees+ weens u regterlike beslissings.+ 12  GAAN rondom Sion en trek daaromheen,+Tel sy torings.+ 13  Rig julle hart op sy skans.+Besigtig sy woontorings,Sodat julle dit aan die toekomstige geslag kan vertel.+ 14  Want hierdie God is ons God tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+Hy sal ons lei totdat ons sterf.+

Voetnote