Psalm 49:1-20

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag.+ ’n Melodie. 49  Hoor dit, alle volke.Luister, alle bewoners van die stelsel van dinge,+   O kinders van die mensdom asook kinders van manne,Die ryke en die arme tesame.+   My mond sal wyse dinge spreek,+En die bepeinsing van my hart sal oor verstandige dinge wees.+   Tot ’n spreuk sal ek my oor neig;+Op ’n harp sal ek my raaisel ontvou.+   Waarom sou ek bang wees in dae van kwaad,+Wanneer die oortreding van my verdringers my omring?+   Dié wat op hulle middele vir lewensonderhoud vertrou+En wat oor die oorvloed van hulle rykdom bly roem,+   Nie een van hulle kan ooit selfs ’n broer loskoop+Of aan God ’n losprys vir hom gee nie   (En die loskoopprys vir hulle siel is so kosbaar+Dat dit tot onbepaalde tyd ontbreek),   Sodat hy nog vir ewig sou lewe en die kuil nie sou sien nie.+ 10  Want hy sien dat selfs die wyses sterf,+Die sot en die redelose kom tesame om,+En hulle sal hulle middele vir lewensonderhoud aan ander nalaat.+ 11  Hulle innerlike wens is dat hulle huise tot onbepaalde tyd sal wees,+Hulle wonings van geslag tot geslag.+Hulle het hulle grondeiendom na hulle name genoem.+ 12  En tog kan die mens, al is hy in aansien, nie bly vertoef nie;+Hy is inderdaad soos die diere wat doodgemaak is.+ 13  Dit is die weg van dié wat dwaas is,+En van dié wat ná hulle kom, wat in hulle woorde behae skep. Sela. 14  Soos skape is hulle vir Sjeool bestem;+Die dood sal hulle as herder lei;+En die regskapenes sal hulle in die oggend in onderworpenheid hê,+En hulle gedaante sal wegteer;+Sjeool in plaas van ’n verhewe woning is vir elkeen.+ 15  Maar God sal my siel uit die hand van Sjeool loskoop,+Want hy sal my ontvang. Sela. 16  Moenie bang wees omdat ’n man rykdom verwerf,+Omdat die heerlikheid van sy huis toeneem nie,+ 17  Want by sy dood kan hy hoegenaamd niks saamneem nie;+Sy heerlikheid sal nie saam met hom afdaal nie.+ 18  Want gedurende sy lewe het hy sy eie siel bly seën+(En mense sal jou prys omdat jy goed vaar);+ 19  Sy siel kom uiteindelik net so ver soos die geslag van sy voorvaders.+Nooit weer sal hulle die lig sien nie.+ 20  Die mens wat nie verstaan nie, al is hy in aansien,+Is inderdaad soos die diere wat doodgemaak is.+

Voetnote