Psalm 5:1-12

Vir die musiekleier, vir Nehilot. ’n Melodie van Dawid. 5  Luister tog na my woorde,+ o Jehovah;Verstaan tog my gesug.   Skenk tog aandag aan die geluid van my hulpgeroep,+O my Koning+ en my God, want tot u bid ek.+   O Jehovah, in die oggend sal u my stem hoor;+In die oggend sal ek my tot u rig en op die uitkyk wees.+   Want u is nie ’n God wat in goddeloosheid behae skep nie;+Niemand wat sleg is, mag selfs ’n rukkie by u vertoef nie.+   Geen grootpraters mag hulle voor u oë stel nie.+U haat almal wat beoefen wat skadelik is;+   U sal die leuenaars vernietig.+’n Man van bloedvergieting+ en bedrog+ word deur Jehovah verfoei.   Wat my betref, deur die oorvloed van u liefderyke goedhartigheid+Sal ek in u huis ingaan,+Ek sal my neerbuig in die rigting van u heilige tempel in die vrees vir u.+   O Jehovah, lei my in u regverdigheid+ weens my vyande;+Maak u weg voor my gelyk.+   Want in hulle mond is niks betroubaars nie;+Hulle binneste is inderdaad teëspoed.+Hulle keel is ’n oop graf;+’n Gladde tong gebruik hulle.+ 10  God sal hulle beslis skuldig ag;+Hulle sal val weens hulle eie planne.+Laat hulle deur die menigte van hulle oortredings verstrooi word,+Want hulle het teen u in opstand gekom.+ 11  Maar almal wat hulle toevlug tot u neem, sal bly wees;+Tot onbepaalde tyd sal hulle met vreugde uitroep.+En u sal toegang tot hulle versper,En dié wat u naam liefhet, sal jubel in u.+ 12  Want u sal almal seën wat regverdig is,+ o Jehovah;Soos met ’n groot skild+ sal u hulle met goedkeuring omring.+

Voetnote