Psalm 50:1-23

’n Melodie van Asaf.+ 50  Die Goddelike Wese,+ God, Jehovah,+ het gespreek,+En hy roep die aarde,+Van die opgang van die son tot sy ondergang.+   Uit Sion, die vervolmaking van skoonheid,+ het God gestraal.+   Ons God sal kom en kan onmoontlik stilbly.+Voor hom uit verteer ’n vuur,+En rondom hom het die weer baie stormagtig geword.+   Hy roep na die hemel daar bo en na die aarde+Om oordeel aan sy volk te voltrek:+   “Versamel my lojales by my,+Dié wat my verbond oor die offerande sluit.”+   En die hemele verkondig sy regverdigheid,+Want God is Regter.+ Sela.   “Luister tog, o my volk, en ek sal spreek,+O Israel, en ek sal teen jou getuig.+Ek is God, jou God.+   Ek bestraf jou nie oor jou offerandes nie,+Ook nie oor jou heelbrandoffers wat voortdurend voor my is nie.+   Ek sal nie ’n bul uit jou huis neem nie,+Bokramme uit jou krale nie. 10  Want aan my behoort al die wilde diere van die woud,+Die diere op ’n duisend berge.+ 11  Ek ken al die voëls van die berge goed,+En die diere wat op die oop veld wemel, is by my.+ 12  As ek honger was, sou ek dit nie vir jou sê nie;Want aan my behoort die vrugbare land+ en die volheid daarvan.+ 13  Sal ek die vleis van sterk bulle eet,+En sal ek die bloed van bokramme drink?+ 14  Bring danksegging as jou offerande aan God,+En betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;+ 15  En roep my aan in die dag van benoudheid.+Ek sal jou red, en jy sal my verheerlik.”+ 16  Maar vir die goddelose sal God moet sê:+“Watter reg het jy om my voorskrifte op te noem+En my verbond in jou mond te neem?+ 17  Kyk, jy—jy het dissipline gehaat,+En jy bly my woorde agter jou werp.+ 18  Wanneer jy ’n dief gesien het, was jy selfs ingenome met hom;+En jou deel was met die egbrekers.+ 19  Jou mond het jy losgelaat in wat sleg is,+En jou tong laat jy aan bedrog vaskleef.+ 20  Jy sit en praat teen jou eie broer,+Tot nadeel van die seun van jou moeder verraai jy ’n tekortkoming.+ 21  Hierdie dinge het jy gedoen, en ek het stilgebly.+Jy het gedink dat ek gewis soos jy sou word.+Ek gaan jou teregwys,+ en ek sal sake in orde bring voor jou oë.+ 22  Verstaan dit asseblief, julle wat God vergeet,+Sodat ek julle nie verskeur sonder dat daar ’n verlosser is nie.+ 23  Die een wat danksegging as sy offerande bring, hy verheerlik my;+En wat die een betref wat op ’n vaste weg bly,Ek sal hom redding deur God laat sien.”+

Voetnote