Psalm 51:1-19

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. Toe die profeet Natan na hom toe gekom het nadat hy gemeenskap met Batʹseba gehad het.+ 51  Betoon guns aan my, o God, ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid.+Wis my oortredings uit ooreenkomstig die oorvloed van u barmhartighede.+   Was my deeglik van my ongeregtigheid,+En reinig my selfs van my sonde.+   Want my oortredings ken ek,+En my sonde is voortdurend voor my.+   Teen u, u alleen, het ek gesondig,+En wat sleg is in u oë, het ek gedoen,+Sodat u regverdig kan wees wanneer u spreek,+Sodat u rein kan wees wanneer u oordeel.+   Kyk! In ongeregtigheid is ek met geboortepyne voortgebring,+En in sonde het my moeder my ontvang.+   Kyk! U het behae geskep in waaragtigheid in die binneste;+En mag u my in my verborge innerlike wysheid laat ken.+   Mag u my met hisop van sonde reinig, sodat ek rein kan wees;+Mag u my was, sodat ek selfs witter as sneeu kan word.+   Mag u my verheuging en blydskap laat hoor,+Sodat die gebeente wat u verbrysel het, bly kan wees.+   Verberg u aangesig vir my sondes,+En wis selfs al my oortredings uit.+ 10  Skep in my ook ’n suiwer hart, o God,+En plaas in my ’n nuwe, standvastige gees.+ 11  Moet my nie voor u aangesig wegwerp nie;+En moet tog nie u heilige gees van my af wegneem nie.+ 12  Gee my tog weer die vreugde van redding deur u,+En mag u my ook met ’n gewillige gees ondersteun.+ 13  Ek sal oortreders u weë leer,+Sodat sondaars tot u kan terugkeer.+ 14  Verlos my van bloedskuld,+ o God, die God van my redding,+Sodat my tong met vreugde van u regverdigheid kan vertel.+ 15  O Jehovah, mag u hierdie lippe van my open,+Sodat my mond u lof kan verkondig.+ 16  Want u skep geen behae in offerande nie—anders sou ek dit gee;+Heelbrandoffers is nie vir u welgevallig nie.+ 17  Die offerandes aan God is ’n gebroke gees;+’n Gebroke en verbryselde hart, o God, sal u nie verag nie.+ 18  Doen in u welwillendheid tog goed aan Sion;+Mag u die mure van Jerusalem bou.+ 19  Dan sal u behae skep in offerandes van regverdigheid,+In brandoffer en heeloffer;+Dan sal bulle op u altaar geoffer word.+

Voetnote