Psalm 52:1-9

Vir die musiekleier. Maskil. Van Dawid, toe die Edomiet Doëg gekom het en Saul meegedeel en vir hom gesê het dat Dawid in die huis van Ahimeʹleg ingegaan het.+ 52  Waarom roem jy oor wat sleg is, o magtige?+Die liefderyke goedhartigheid van God duur die hele dag.+   Jou tong, geslyp soos ’n skeermes, beraam teëspoed+En handel bedrieglik.+   Jy was liewer vir die kwaad as vir die goeie,+Vir die leuen as om regverdigheid te spreek.+ Sela.   Jy het alle woorde liefgehad wat verslind,+O bedrieglike tong.+   God sal jou dan ook vir ewig afbreek;+Hy sal jou neerslaan en jou wegruk uit jou tent,+En hy sal jou beslis ontwortel uit die land van die lewendes.+ Sela.   En die regverdiges sal dit sien en bang wees,+En hulle sal oor hom lag.+   Hier is die man wat God nie sy vesting maak nie,+Maar wat op die oorvloed van sy rykdom vertrou,+Wat skuiling soek in die teëspoed wat hy veroorsaak.+   Maar ek sal soos ’n blaarryke olyfboom+ in God se huis wees;Ek vertrou op die liefderyke goedhartigheid van God tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+   Ek sal u tot onbepaalde tyd prys, want u het opgetree;+En ek sal voor u lojales op u naam hoop, want dit is goed.+

Voetnote