Psalm 53:1-6

Vir die musiekleier oor Mahalat.+ Maskil. Van Dawid. 53  Die verstandelose het in sy hart gesê:“Daar is geen Jehovah nie.”+ Hulle het verderflik gehandel en het verfoeilik gehandel in onregverdigheid;+Daar is niemand wat goed doen nie.+   Wat God betref, hy het uit die hemel afgekyk op die mensekinders,+Om te sien of daar iemand bestaan wat insig het, iemand wat Jehovah soek.+   Hulle het almal teruggedraai, hulle is almal tesame verdorwe;+Daar is niemand wat goed doen nie,+Nie eers een nie.   Het nie een van dié wat skadelike dinge beoefen, kennis nie,+Dié wat my volk opeet soos hulle brood geëet het?+Hulle het nie eens Jehovah aangeroep nie.+   Daar is hulle met groot angs vervul,+Waar daar geen angs was nie;+Want God sal beslis die beendere verstrooi van almal wat teen jou kamp opslaan.+Jy sal hulle beslis beskaamd maak, want Jehovah het hulle verwerp.+   Ag, as die grootse redding van Israel maar uit Sion sou kom!+Wanneer Jehovah die gevangenes van sy volk laat terugkeer,+Laat Jakob dan bly wees, laat Israel hom verbly.+

Voetnote