Psalm 54:1-7

Vir die musiekleier, op snaarinstrumente. Maskil. Van Dawid. Toe die Sifiete gekom en vir Saul gesê het: “Versteek Dawid hom nie by ons nie?”+ 54  O God, red my deur u naam,+En mag u my regsaak bepleit met u mag.+   O God, hoor my gebed;+Luister tog na die woorde van my mond.+   Want vreemdelinge het teen my opgestaan,En tiranne soek my siel.+Hulle het God nie voor hulle gestel nie.+ Sela.   Kyk! God is my helper;+Jehovah is onder dié wat my siel ondersteun.   Hy sal my vyande die kwaad vergeld;+Bring hulle in u waaragtigheid tot swye.+   In gewilligheid wil ek offerandes aan u bring.+Ek sal u naam prys, o Jehovah, want dit is goed.+   Want uit elke benoudheid het hy my verlos,+En my oog het op my vyande neergesien.+

Voetnote