Psalm 55:1-23

Vir die musiekleier, op snaarinstrumente. Maskil. Van Dawid. 55  Luister tog, o God, na my gebed;+En moet u nie vir my versoek om guns verberg nie.+   Skenk tog aandag aan my en antwoord my.+Ek word rusteloos heen en weer gedryf deur my besorgdheid,+En ek kan nie anders as om ongerustheid te openbaar nie,   Vanweë die stem van die vyand, weens die druk van die goddelose.+Want hulle bly op my neerwerp wat skadelik is,+En in toorn is hulle my vyandiggesind.+   My hart krimp in my ineen van pyn,+En die verskrikkinge van die dood het op my geval.+   Vrees, ja, bewing kom oor my,+En siddering bedek my.   En ek bly sê: “Ag, as ek maar vlerke soos ’n duif gehad het!+Ek sou wegvlieg en elders woon.+   Kyk! Ek sou ver wegvlug;+Ek sou in die wildernis vertoef.+Sela   Ek sou my haas na ’n plek van ontkoming vir my,Teen die voortstuwende wind, teen die storm.”+   Verwar, o Jehovah, verdeel hulle tong,+Want ek het geweld en getwis in die stad gesien.+ 10  Dag en nag gaan hulle daaromheen op sy mure;+En skadelikheid en moeite is daarbinne.+ 11  Teëspoed is daarbinne;En onderdrukking en bedrog het nie van sy openbare plein gewyk nie.+ 12  Want dit was nie ’n vyand wat my gesmaad het nie;+Anders sou ek dit kon verdra.Dit was nie iemand wat my intens haat wat hom baie groot teen my gehou het nie;+Anders sou ek my vir hom kon verberg.+ 13  Maar dit was jy, ’n sterflike mens wat my gelyke was,+Iemand met wie ek vertroulik omgegaan het en wat ’n kennis van my was,+ 14  Want ons het aangename intimiteit met mekaar geniet;+Na die huis van God het ons saam met die menigte geloop.+ 15  Laat verwoestings oor hulle kom!+Laat hulle lewend in Sjeool afdaal;+Want gedurende hulle vreemdelingskap was daar slegte dinge in hulle.+ 16  Wat my betref, tot God sal ek roep;+En Jehovah sal my red.+ 17  Saans en soggens en smiddags kan ek nie anders as om besorgdheid te toon nie, en ek kerm,+En hy hoor my stem.+ 18  Hy sal my siel beslis verlos en dit vrede gee van die stryd wat daar teen my is,+Want in menigtes het hulle teen my gekom.+ 19  God sal hoor en hulle antwoord,+Ja, Hy wat op die troon sit soos in die verlede+SelaHulle by wie daar geen veranderinge is nie+En wat God nie gevrees het nie.+ 20  Hy het sy hande uitgesteek teen dié wat in vrede met hom verkeer het;+Hy het sy verbond ontheilig.+ 21  Gladder as botter is die woorde van sy mond,+Maar sy hart is geneig om te veg.+Sy woorde is sagter as olie,+Maar hulle is ontblote swaarde.+ 22  Werp jou las op Jehovah,+En hy sal jou onderskraag.+Nooit sal hy die regverdige laat wankel nie.+ 23  Maar u, o God, sal hulle in die diepste kuil laat afdaal.+Wat manne van bloedskuld en bedrog betref, hulle sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie.+Maar wat my betref, ek sal op u vertrou.+

Voetnote