Psalm 56:1-13

Vir die musiekleier, op die “Stil duif” onder dié wat ver is. Van Dawid. Miktam. Toe die Filistyne hom in Gat gegryp het.+ 56  Betoon guns aan my, o God, want die sterflike mens het na my gehap.+Hy voer die hele dag oorlog en bly my verdruk.+   My vyande het die hele dag bly hap,+Want daar is baie wat hooghartig teen my oorlog voer.+   Die dag as ek bang word, sal ek op u vertrou.+   In eenheid met God sal ek sy woord loof.+In God het ek my vertroue gestel; ek sal nie bang wees nie.+Wat kan vlees aan my doen?+   Die hele dag bly hulle my persoonlike sake benadeel;Al hulle gedagtes is teen my om kwaad te doen.+   Hulle val aan, hulle versteek hulle,+Hulle hou my voetstappe dop,+Terwyl hulle op my siel gewag het.+   Werp hulle weens hulle skadelikheid weg.+Werp selfs die volke in toorn neer, o God.+   Dat ek ’n vlugteling is, het u neergeskryf.+Sit tog my trane in u leersak.+Is hulle nie in u boek nie?+   Dan sal my vyande agteruitwyk, op die dag dat ek roep;+Dit weet ek goed, dat God vir my is.+ 10  In eenheid met God+ sal ek sy woord loof;In eenheid met Jehovah sal ek sy woord loof.+ 11  In God het ek my vertroue gestel. Ek sal nie bang wees nie.+Wat kan die mens aan my doen?+ 12  Op my, o God, rus geloftes aan u.+Ek sal dankoffers aan u bring.+ 13  Want u het my siel uit die dood verlos+Het u nie my voete teen struikeling bewaar nie?+Sodat ek in die lig van die lewendes voor God kan wandel.+

Voetnote