Psalm 57:1-11

Vir die musiekleier. “Moenie verderf nie.” Van Dawid. Miktam. Toe hy vir Saul in die grot in gevlug het.+ 57  Betoon guns aan my, o God, betoon guns aan my,+Want tot u het my siel sy toevlug geneem;+En in die skaduwee van u vleuels soek ek toevlug totdat die teëspoed verbygegaan het.+   Ek roep na God, die Allerhoogste, na die ware God wat dit ter wille van my tot ’n einde bring.+   Hy sal uit die hemel stuur en my red.+Hy sal die een wat na my hap, beslis verwar.+ Sela.God sal sy liefderyke goedhartigheid en sy waaragtigheid stuur.+   My siel is te midde van leeus;+Ek kan nie anders as om te gaan lê onder verslinders nie, ja, die mensekinders,Wie se tande spiese en pyle is+En wie se tong ’n skerp swaard is.+   O wees verhewe bo die hemele, o God;+Laat u heerlikheid bo die hele aarde wees.+   ’n Net het hulle vir my voetstappe berei;+My siel is neergeboë.+Hulle het ’n valkuil voor my gegrawe;Hulle het daarin geval.+ Sela.   My hart is standvastig, o God,+My hart is standvastig.Ek sal sing en melodieë speel.+   Word tog wakker, o my heerlikheid;+Word tog wakker, o snaarinstrument; ook jy, o harp.+Ek sal die dagbreek wakker maak.   Ek sal u prys onder die volke, o Jehovah;+Ek sal u met melodieë besing onder die volksgroepe.+ 10  Want u liefderyke goedhartigheid is groot tot aan die hemele,+En u waaragtigheid tot aan die hemelruim.+ 11  Wees tog verhewe bo die hemele, o God;+Laat u heerlikheid bo die hele aarde wees.

Voetnote