Psalm 58:1-11

Vir die musiekleier. “Moenie verderf nie.” Van Dawid. Miktam. 58  Kan julle in julle stilswye werklik oor regverdigheid praat?+Kan julle in geregtigheid oordeel, o mensekinders?+   Hoeveel eerder beoefen julle met die hart volslae onregverdigheid op die aarde+En berei julle die weg vir die geweld van julle hande!+   Die goddeloses is al van die moederskoot af verdraaid;+Hulle het van die skoot af rondgedwaal.Hulle spreek leuens.+   Hulle gif is soos die gif van die slang,+Doof soos die kobra wat sy oor toestop,+   Wat nie na die stem van die besweerders sal luister nie,+Hoewel ’n wyse towerspreuke uitspreek.+   O God, slaan hulle tande uit hulle mond.+Verbreek die kakebene van jong maanhaarleeus, o Jehovah.   Laat hulle oplos soos in waters wat wegloop;+Laat hy die boog vir sy pyle span terwyl hulle inmekaarsak.+   Soos ’n slak wat wegsmelt, loop hy;Soos ’n misgeboorte van ’n vrou sal hulle beslis nie die son sien nie.+   Voordat julle potte die brandende doringstruik voel,+Die lewende groene sowel as die een wat brand, sal hy dit soos ’n stormwind wegvoer.+ 10  Die regverdige sal bly wees omdat hy die wraak aanskou het.+Sy voete sal hy in die bloed van die goddelose was.+ 11  En die mense sal sê:+ “Waarlik, daar is vrug vir die regverdige.+Waarlik, daar bestaan ’n God wat op die aarde oordeel.”+

Voetnote