Psalm 59:1-17

Vir die musiekleier. “Moenie verderf nie.” Van Dawid. Miktam. Toe Saul gestuur en hulle die huis bly bewaak het om hom dood te maak.+ 59  Verlos my van my vyande, o my God;+Mag u my beskerm teen dié wat teen my opstaan.+   Verlos my van dié wat skadelike dinge beoefen,+En red my van bloedskuldige manne.   Want kyk! hulle het op die loer gelê na my siel;+Sterkes val my aan,+Nie weens enige opstandigheid van my kant of enige sonde van my kant nie, o Jehovah.+   Hoewel daar geen oortreding is nie, hardloop hulle en maak hulle hulle gereed.+Ontwaak tog wanneer ek roep, en kyk.+   En u, o Jehovah God van die leërs, is die God van Israel.+Word tog wakker om u aandag op al die nasies te rig.+Moenie guns betoon aan enige kwaadwillige verraaier nie.+ Sela.   Hulle bly saans terugkeer;+Hulle bly soos ’n hond blaf+ en gaan oral in die stad rond.+   Kyk! Hulle laat woorde uit hulle mond borrel;+Swaarde is op hulle lippe,+Want wie luister?+   Maar u, o Jehovah, sal hulle uitlag;+U sal al die nasies bespot.+   O my Sterkte, ten opsigte van u sal ek bly waak;+Want God is my veilige hoogte.+ 10  Die God van liefderyke goedhartigheid teenoor my sal my tegemoetkom;+God sal my op my vyande laat neersien.+ 11  Moet hulle nie doodmaak nie, sodat my volk dit nie vergeet nie.+Laat hulle deur u lewenskragtigheid rondswerf,+En werp hulle neer, o ons skild, Jehovah,+ 12  Weens die sonde van hulle mond, die woord van hulle lippe;+En laat hulle gevang word in hulle trots,+Ja, weens die vervloeking en die bedrog wat hulle voortdurend uitspreek. 13  Maak in woede ’n einde aan hulle;+Maak ’n einde aan hulle, sodat hulle daar nie meer is nie;En laat hulle weet dat God in Jakob heers tot aan die eindes van die aarde.+ Sela. 14  En laat hulle saans terugkeer;Laat hulle soos ’n hond blaf en oral in die stad rondgaan.+ 15  Laat hulle ronddwaal op soek na iets om te eet;+Laat hulle nie versadig word of oornag bly nie.+ 16  Maar wat my betref, ek sal van u sterkte sing,+En soggens sal ek met vreugde van u liefderyke goedhartigheid vertel.+Want u was vir my ’n veilige hoogte+En ’n toevlugsoord in die dag van my benoudheid.+ 17  O my Sterkte, ek sal u met melodieë besing,+Want God is my veilige hoogte, die God van liefderyke goedhartigheid teenoor my.+

Voetnote