Psalm 6:1-10

Vir die musiekleier, op snaarinstrumente op die laer oktaaf.+ ’n Melodie van Dawid. 6  O Jehovah, moet my nie in u toorn teregwys nie,+En moet my nie in u woede bestraf nie.+   Betoon guns aan my, o Jehovah, want ek kwyn weg.+Maak my gesond,+ o Jehovah, want my gebeente is ontsteld.   Ja, my siel is baie ontsteld;+En u, o Jehovah—hoe lank?+   Keer tog terug,+ o Jehovah, red tog my siel;+Verlos my ter wille van u liefderyke goedhartigheid.+   Want in die dood is daar geen vermelding van u nie;+Wie sal u in Sjeool prys?+   Ek het moeg geword van my gesug;+Die hele nag deur laat ek my slaapbank swem;+Met my trane laat ek my divan oorstroom.+   Van kwelling het my oog swak geword,+Dit het oud geword weens almal wat my vyandiggesind is.+   Gaan weg van my af, julle almal wat skadelike dinge beoefen,+Want Jehovah sal beslis die geluid van my gehuil hoor.+   Jehovah sal inderdaad my versoek om guns hoor;+Jehovah sal my gebed aanneem.+ 10  Al my vyande sal baie beskaamd+ en ontsteld wees;Hulle sal terugdraai, hulle sal in ’n oomblik beskaamd staan.+

Voetnote