Psalm 60:1-12

Vir die musiekleier, op “Die lelie van herinnering”. Miktam. Van Dawid. Ter onderrigting.+ Toe hy teen Aʹram-Naharaʹim en Aram-Soba oorlog gevoer het en Joab teruggekeer en Edom in die Soutvallei verslaan het, ja, twaalfduisend man.+ 60  O God, u het ons verstoot, u het deur ons gebreek,+U het vertoornd geword. U moet ons herstel.+   U het die aarde laat bewe, u het dit oopgekloof.+Heel sy skeure, want dit het gewankel.+   U het u volk teëspoed laat sien.+U het ons wyn laat drink wat ons laat waggel het.+   U het aan dié wat u vrees, ’n baken gegee+Om al swenkend te vlug vir die boog. Sela.   Sodat u geliefdes gered kan word+Red tog met u regterhand en antwoord ons.+   God het in sy heiligheid gespreek:+“Ek sal my verheug, ek sal Sigem as ’n deel gee;+En die laagvlakte van Sukkot sal ek afmeet.+   Giʹlead behoort aan my en Manasʹse behoort aan my,+En Eʹfraim is die vesting van my hoofman;Juda is my aanvoerderstaf.+   Moab is my waspot.+Op Edom sal ek my sandaal werp.+Oor Filisteʹa sal ek triomfantlik uitroep.”+   Wie sal my na die beleërde stad bring?+Wie sal my sekerlik tot by Edom lei?+ 10  Is dit nie u, o God, wat ons verstoot het+En wat nie saam met ons leërs uittrek as God nie?+ 11  Gee ons tog hulp uit benoudheid,+Want redding deur die mens is waardeloos.+ 12  Deur God sal ons lewenskragtigheid verkry,+En hy sal ons teenstanders vertrap.+

Voetnote