Psalm 61:1-8

Vir die musiekleier, op snaarinstrumente. Van Dawid. 61  Hoor tog, o God, my smekende geroep.+Skenk tog aandag aan my gebed.+   Van die einde van die aarde af sal ek roep, ja, tot u, wanneer my hart swak word.+Mag u my tot op ’n rots lei wat hoër is as ek.+   Want u was vir my ’n toevlug,+’n Sterk toring teen die vyand.+   Ek sal vir onbepaalde tye ’n gas in u tent wees;+Ek sal in die skuilplek van u vleuels toevlug soek.+ Sela.   Want u, o God, het na my geloftes geluister.+U het aan my die besitting gegee van dié wat u naam vrees.+   Dae sal u by die dae van die koning voeg;+Sy jare sal wees soos geslag na geslag.+   Hy sal tot onbepaalde tyd voor God woon;+Beskik tog liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid, dat dié hom bewaar.+   So sal ek vir ewig u naam met melodieë besing,+Sodat ek dag na dag my geloftes kan betaal.+

Voetnote