Psalm 62:1-12
Vir die musiekleier van Jeduʹtun. ’n Melodie van Dawid.
62 Ja, my siel wag in stilte op God.+Van hom kom my redding.+
2 Ja, hy is my rots en my redding, my veilige hoogte;+Ek sal nie grootliks wankel nie.+
3 Hoe lank sal julle woes te kere gaan teen die man wat julle wil vermoor?+Julle is almal soos ’n muur wat oorhang, ’n klipmuur wat omgestoot word.+
4 Ja, hulle gee raad om iemand van sy waardigheid weg te lok;+Hulle skep behae in ’n leuen.+Met hulle mond seën hulle, maar in hulle binneste spreek hulle ’n vloek uit.+ Sela.
5 Ja, wag stil op God, o my siel,+Want van hom kom my hoop.+
6 Ja, hy is my rots en my redding, my veilige hoogte;+Ek sal nie wankel nie.+
7 Op God berus my redding en my eer.+My sterk rots, my toevlug is in God.+
8 Vertrou te alle tye op hom, o volk.+Stort julle hart voor hom uit.+God is vir ons ’n toevlug.+ Sela.
9 Ja, die mensekinders is ’n asemstoot,+Die mensekinders is ’n leuen.+Wanneer hulle op die weegskaal gesit word, is hulle almal saam ligter as ’n asemstoot.+
10 Moenie julle vertroue in kullery stel nie,+En moet ook nie ydel word weens blote roof nie.+As die middele vir lewensonderhoud sou floreer, moet julle nie julle hart daarop sit nie.+
11 Een keer het God gespreek, twee keer het ek dít gehoor,+Dat die sterkte aan God behoort.+
12 Ook liefderyke goedhartigheid behoort aan u, o Jehovah,+Want u vergeld elkeen volgens sy werk.+