Psalm 63:1-11

’n Melodie van Dawid, toe hy in die wildernis van Juda was.+ 63  O God, u is my God, ek bly u soek.+My siel dors na u.+Na u het my vlees met verlange gesmagIn ’n dor en uitgeputte land, waar daar geen water is nie.+   So het ek u in die heiligdom aanskou,+Toe ek u sterkte en u heerlikheid gesien het.+   Omdat u liefderyke goedhartigheid beter is as die lewe,+Sal my lippe u prys.+   So sal ek u gedurende my lewe loof;+In u naam sal ek my palms ophef.+   Soos met die beste deel, ja, vettigheid, word my siel versadig,+En met lippe van vreugdegeroep bring my mond lof.+   Wanneer ek op my rusbed aan u gedink het,+Peins ek gedurende die nagwake oor u.+   Want u het my gehelp,+En in die skaduwee van u vleuels roep ek met vreugde uit.+   My siel het u met gehegtheid gevolg;+U regterhand hou my stewig vas.+   Wat dié betref wat my siel bly soek om dit te verderf,+Hulle sal in die diepste dele van die aarde kom.+ 10  Hulle sal aan die mag van die swaard oorgelewer word;+Hulle sal bloot die deel van jakkalse word.+ 11  En die koning sal hom in God verbly.+Elkeen wat by hom sweer, sal roem,+Want die mond van die leuenaars sal toegestop word.+

Voetnote