Psalm 64:1-10

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 64  Hoor, o God, my stem in my besorgdheid.+Mag u my lewe teen die verskrikking van die vyand bewaar.+   Mag u my vir die vertroulike gesprekke van die kwaaddoeners verberg,+Vir die beroering van dié wat skadelike dinge beoefen,+   Wat hulle tong skerp gemaak het net soos ’n swaard,+Wat hulle pyl, bitter woorde, gerig het+   Om uit verborge plekke op die onberispelike te skiet.+Skielik skiet hulle op hom en vrees nie.+   Hulle hou by slegte taal;+Hulle praat daarvan om valstrikke te verberg.+Hulle het gesê: “Wie sien dit?”+   Hulle hou aan om onregverdige dinge uit te dink;+Hulle het ’n goed uitgedinkte, listige plan verberg,+En die binneste van elkeen, ja, sy hart, is diep.+   Maar God sal skielik met ’n pyl op hulle skiet.+Hulle het wonde opgedoen.+   En hulle laat iemand struikel.+Maar hulle tong is teen hulleself.+Almal wat na hulle kyk, sal hulle kop skud,+   En alle mense sal bang word;+En hulle sal die dade van God verkondig,+En hulle sal beslis insig in sy werk hê.+ 10  En die regverdige sal hom in Jehovah verbly en sal inderdaad sy toevlug tot hom neem;+En al die opregtes van hart sal roem.+

Voetnote