Psalm 65:1-13

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. ’n Lied. 65  Vir u is daar lof—stilte—, o God, in Sion;+En aan u moet die gelofte betaal word.+   O Hoorder van die gebed, ja, tot u sal mense van alle vlees kom.+   Ongeregtighede was magtiger as ek.+Wat ons oortredings betref, u sal dit bedek.+   Gelukkig is die een wat u uitkies en laat nader kom,+Sodat hy in u voorhowe kan woon.+Ons sal beslis versadig word met die goeie van u huis,+Die heilige plek van u tempel.+   Met vreesinboesemende dinge sal u ons in regverdigheid antwoord,+O God van ons redding,+Die Vertroue van al die grense van die aarde en dié wat ver weg op die see is.+   Hy grondves die berge stewig met sy krag;+Hy is inderdaad omgord met mag.+   Hy stil die gedruis van die seë,+Die gedruis van hulle golwe en die gewoel van die volksgroepe.+   En die bewoners van die verste streke sal bang wees vir u tekens;+U laat die uitgange van die oggend en die aand met vreugde uitroep.+   U het u aandag op die aarde gerig, sodat u dit oorvloed kan gee;+U verryk dit grootliks.Die stroom wat van God kom, is vol water.+U berei hulle graan,+Want so berei u die aarde.+ 10  Sy vore word deurdrenk, sy kluite gelykgemaak;+Met oorvloedige reënbuie maak u dit sag; u seën sy uitspruitsel.+ 11  U het die jaar met u goedheid gekroon,+En u spore drup van vettigheid.+ 12  Die weivelde van die wildernis bly drup,+En die heuwels omgord hulleself met vreugde.+ 13  Die weivelde is met kuddes bekleed,+En die laagvlaktes is in graan gehul.+Hulle roep triomfantlik uit, ja, hulle sing.+

Voetnote