Psalm 66:1-20

Vir die musiekleier. ’n Lied, ’n melodie. 66  ROEP God triomfantlik toe, alle bewoners van die aarde.+   Besing die heerlikheid van sy naam met melodieë.+Verheerlik sy lof.+   Sê vir God: “Hoe vreesinboesemend is u werke!+Weens die oorvloed van u sterkte sal u vyande kruipend na u toe kom.+   Al die mense van die aarde sal hulle voor u neerbuig,+En hulle sal u met melodieë besing, hulle sal u naam met melodieë besing.”+ Sela.   KOM en aanskou die dade van God.+Die wyse waarop hy met die mensekinders handel, is vreesinboesemend.+   Hy het die see in droë land verander;+Deur die rivier het hulle te voet getrek.+Daar het ons ons in hom begin verbly.+   Hy heers tot onbepaalde tyd deur sy mag.+Sy oë let op die nasies.+Wat die hardkoppiges betref, laat hulle hulle nie verhef nie.+ Sela.   Loof ons God, o volke,+En laat hoor die stem van lof aan hom.+   Hy plaas ons siel in die lewe,+En hy het nie toegelaat dat ons voet wankel nie.+ 10  Want u het ons ondersoek, o God;+U het ons gelouter soos ’n mens silwer louter.+ 11  U het ons in ’n vangnet gebring;+U het druk op ons heupe geplaas. 12  U het die sterflike mens oor ons kop laat ry;+Ons het deur vuur en deur water gekom,+En u het ons uitgelei na verligting.+ 13  Ek sal met heelbrandoffers in u huis ingaan;+Ek sal aan u my geloftes betaal+ 14  Wat my lippe geuiter+En my mond gespreek het toe ek in groot nood verkeer het.+ 15  Heelbrandoffers van vetgemaakte diere sal ek aan u bring,+Saam met die offerrook van ramme.Ek sal ’n bul saam met bokramme bring.+ Sela. 16  Kom, luister, almal wat God vrees, en ek sal vertel+Wat hy vir my siel gedoen het.+ 17  Hom het ek met my mond aangeroep,+En daar was lofprysing met my tong.+ 18  As ek iets skadeliks in my hart beoog het,Sal Jehovah my nie hoor nie.+ 19  Waarlik, God het gehoor;+Hy het aandag geskenk aan die stem van my gebed.+ 20  Mag God geloof word, wat my gebed nie afgewys het nie,En ook sy liefderyke goedhartigheid nie van my afgewend het nie.+

Voetnote