Psalm 67:1-7
Vir die musiekleier, op snaarinstrumente. ’n Melodie, ’n lied.
67 God sal aan ons guns betoon en ons seën;+Hy sal sy aangesig oor ons laat skyn+—Sela—
2 Sodat u weg bekend kan wees op die aarde,+U redding onder al die nasies.+
3 Laat volke u prys, o God;+Laat al die volke u prys.+
4 Laat die volksgroepe bly wees en met vreugde uitroep,+Want u sal die volke in geregtigheid oordeel;+En wat volksgroepe betref, op die aarde sal u hulle lei. Sela.
5 Laat volke u prys, o God;+Laat alle volke u prys.+
6 Die aarde sal beslis sy opbrengs lewer;+God, ons God, sal ons seën.+
7 God sal ons seën,+En al die eindes van die aarde sal hom vrees.+