Psalm 68:1-35

Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie, ’n lied. 68  Laat God opstaan,+ laat sy vyande verstrooi word,+En laat dié wat hom intens haat, vir hom vlug.+   Mag u hulle verdryf soos rook verdryf word;+Soos was weens die vuur smelt,+Laat die goddeloses so voor God vergaan.+   Maar wat die regverdiges betref, laat hulle bly wees,+Laat hulle uitgelate wees voor God,+En laat hulle met blydskap jubel.+   SING tot God, besing sy naam met melodieë;+Hef ’n lied aan vir die Een wat deur die woestynvlaktes ry+As Jah, wat sy naam is;+ en jubel voor hom;   ’n Vader van vaderlose seuns en ’n regter van weduwees+Is God in sy heilige woonplek.+   God laat die eensames in ’n huis woon;+Hy lei gevangenes uit na algehele voorspoed.+Maar wat die hardkoppiges betref, hulle moet in ’n verskroeide land woon.+   O God, toe u voor u volk uitgetrek het,+Toe u deur die woestyn gestap het+Sela   Het die aarde gebewe,+Ook het die hemel gedrup weens God;+Hierdie Sinai het gebewe weens God,+ die God van Israel.+   ’n Oorvloedige stortreën het u laat val, o God;+U erfdeel, ja, toe dit afgemat was, het u dit weer krag gegee.+ 10  U tentgemeenskap+—hulle het daarin gewoon;+Met u goedheid het u dit vir die geteisterde berei, o God.+ 11  Jehovah laat die woord hoor;+Die vroue wat die goeie nuus verkondig, is ’n groot leër.+ 12  Selfs die konings van leërs vlug, hulle vlug.+Wat haar betref wat by die huis bly, sy deel in die buit.+ 13  Hoewel julle tussen die ashope van die kamp bly lê het,Sal daar die vlerke van ’n duif wees wat met silwer oorgetrek isEn sy vlerkpunte met geelgroen goud.+ 14  Toe die Almagtige die konings daarin verstrooi het,+Het dit op Salmon begin sneeu.+ 15  Die bergstreek van Basan+ is ’n berg van God;+Die bergstreek van Basan is ’n berg met pieke.+ 16  Waarom bly julle, o berge met pieke, met afguns kyk naDie berg wat God vir hom begeer het om daarop te woon?+Ja, Jehovah sal vir ewig daar woon.+ 17  Die strydwaens van God is tienduisende, duisende en nogmaals duisende.+Jehovah het van Sinai af in die heiligdom ingekom.+ 18  U het na bo opgegaan;+U het gevangenes weggevoer;+U het gawes in die vorm van mense geneem,+Ja, selfs die hardkoppiges,+ om onder hulle te woon,+ o Jah God. 19  Mag Jehovah geloof word, wat elke dag die vrag vir ons dra,+Die ware God van ons redding.+ Sela. 20  Die ware God is vir ons ’n God van reddingsdade;+En aan Jehovah, die Soewereine+ Heer, behoort die weë wat uit die dood lei.+ 21  Waarlik, God sal die kop van sy vyande verbrysel,+Die harige kroon van die kop van enigiemand wat in sy skuld rondwandel.+ 22  Jehovah het gesê: “Uit Basan sal ek terugbring,+Ek sal hulle terugbring uit die dieptes van die see,+ 23  Sodat jy jou voet in bloed kan was,+Sodat die tong van jou honde sy deel van die vyande kan hê.”+ 24  Hulle het u optogte gesien, o God,+Die optogte van my God, my Koning, na die heiligdom.+ 25  Vooraan het die sangers gegaan, agter hulle die spelers op snaarinstrumente;+Tussenin was die meisies wat tamboeryne slaan.+ 26  Loof God, Jehovah, in versamelde menigtes,+O julle wat uit die Bron van Israel is.+ 27  Daar is klein Benjamin, wat hulle onderwerp,+Die vorste van Juda met hulle juigende menigte,Die vorste van Seʹbulon, die vorste van Nafʹtali.+ 28  Jou God het aan jou sterkte bevel gegee.+Toon tog sterkte, o God, u wat vir ons opgetree het.+ 29  Weens u tempel in Jerusalem+Sal konings aan u geskenke bring.+ 30  Bestraf die wilde dier van die riete,+ die vergadering van bulle,+Saam met die kalwers van die volke, wat elkeen stukke silwer vertrap.+Hy het die volke verstrooi wat behae skep in gevegte.+ 31  Bronsware sal uit Egipte kom;+Kus sal gou sy hande met geskenke na God uitsteek.+ 32  O koninkryke van die aarde, sing tot God,+Sing melodieë tot Jehovah—Sela 33  Tot die Een wat ry op die hemel der hemele wat uit die ou tyd is.+Kyk! Hy laat sy stem weerklink, ’n sterk stem.+ 34  SKRYF sterkte aan God toe.+Sy uitnemendheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.+ 35  God is vreesinboesemend uit sy grootse heiligdom.+Hy is die God van Israel, wat sterkte gee, ja, mag aan die volk.+Mag God geloof word.+

Voetnote