Psalm 69:1-36

Vir die musiekleier, op “Die Lelies”.+ Van Dawid. 69  Red my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.+   Ek het in diep modder weggesink, waar daar geen grond is om op te staan nie.+Ek het in diep waters gekom,En ’n vloeiende stroom het my weggespoel.+   Ek het moeg geword vanweë my geroep;+My keel het hees geword.My oë het ingegee terwyl ek op my God gewag het.+   Dié wat my sonder oorsaak haat, het selfs meer as die hare van my kop geword.+Dié wat my tot swye bring, wat sonder rede my vyande is, het talryk geword.+Wat ek nie deur roof geneem het nie, het ek toe teruggegee.   O God, u het my dwaasheid te wete gekom,En my skuld is vir u nie verborge nie.+   Laat dié wat op u hoop, tog nie weens my beskaamd staan nie,+O Soewereine Heer, Jehovah van die leërs.+Laat dié wat u soek, tog nie weens my verneder word nie,+O God van Israel.+   Want weens u het ek smaad gedra,+Vernedering het my aangesig bedek.+   Vir my broers het ek iemand geword wat vervreemd is,+En ’n uitlander vir die seuns van my moeder.+   Want louter ywer vir u huis het my verteer,+En die smaadhede van dié wat u smaad, het op my geval.+ 10  En ek het gehuil saam met die gevas van my siel,+Maar dit het smaadhede vir my geword.+ 11  Toe ek saklinne my klere gemaak het,Het ek vir hulle ’n spreekwoord geword.+ 12  Dié wat in die poort sit, het hulle aandag op my begin rig,+En ek was die onderwerp van die liedjies van dié wat sterk drank drink.+ 13  Maar wat my betref, my gebed was tot u, o Jehovah,+In ’n aanneemlike tyd, o God.+Antwoord my, in die oorvloed van u liefderyke goedhartigheid, met die waarheid van redding deur u.+ 14  Bevry my uit die modder, sodat ek nie wegsink nie.+Laat my tog bevry word van my haters+ en uit die diep waters.+ 15  Laat die vloeiende waterstroom my tog nie wegspoel+Of die diepte my verswelgOf die put sy mond bo my sluit nie.+ 16  Antwoord my, o Jehovah, want u liefderyke goedhartigheid is goed.+Wend u tot my volgens die veelheid van u barmhartighede,+ 17  En moet u aangesig nie vir u kneg verberg nie.+Antwoord my gou, omdat ek in groot nood verkeer.+ 18  Kom tog naby my siel, eis dit terug;+Verlos my weens my vyande.+ 19  U het my smaad en my skaamte en my vernedering te wete gekom.+Almal wat my vyandiggesind is, is voor u.+ 20  Smaad het my hart gebreek, en die wond is ongeneeslik.+En ek het bly hoop op iemand wat simpatie sou toon, maar daar was niemand;+En op vertroosters, maar ek het nie een gevind nie.+ 21  Maar as voedsel het hulle vir my ’n gifplant gegee,+En vir my dors wou hulle my asyn laat drink.+ 22  Laat hulle tafel voor hulle ’n val word,+En wat vir hulle welsyn is, ’n strik.+ 23  Laat hulle oë verduisterd word om nie te sien nie;+En laat hulle heupe voortdurend wankel.+ 24  Stort u veroordeling oor hulle uit,+En laat u brandende toorn hulle inhaal.+ 25  Laat hulle ommuurde kamp woes word;+Laat daar in hulle tente geen bewoner wees nie.+ 26  Want hulle het die een vervolg wat deur u geslaan is,+En hulle bly vertel van die pyne van dié wat deur u deurboor is. 27  Voeg tog oortreding by hulle oortreding,+En laat hulle nie in u regverdigheid kom nie.+ 28  Laat hulle uit die boek van die lewendes uitgewis word,+En laat hulle nie saam met die regverdiges ingeskryf word nie.+ 29  Maar ek is geteisterd en in pyn.+Laat u redding, o God, my beskerm.+ 30  Ek sal die naam van God met ’n lied loof,+En ek sal hom met danksegging groot maak.+ 31  Dít sal vir Jehovah ook welgevalliger wees as ’n bul,+As ’n jong bul met horings en gesplete hoewe.+ 32  Die sagmoediges sal dit beslis sien; hulle sal bly wees.+Julle wat God soek, laat julle hart ook bly lewe.+ 33  Want Jehovah luister na die armes,+En hy sal sy gevangenes inderdaad nie verag nie.+ 34  Laat hemel en aarde hom loof,+Die seë en alles wat daarin beweeg.+ 35  Want God sal Sion red+En die stede van Juda bou;+En hulle sal beslis daar woon en dit in besit neem.+ 36  En die nageslag van sy knegte sal dit beërf,+En dié wat sy naam liefhet, sal daarin woon.+

Voetnote