Psalm 7:1-17

’n Klaaglied van Dawid wat hy tot Jehovah gesing het oor die woorde van Kus, die Benjaminiet. 7  O Jehovah my God,+ tot u het ek my toevlug geneem.+Red my van al my vervolgers en verlos my,+   Sodat niemand my siel verskeur soos ’n leeu nie,+My wegruk wanneer daar geen verlosser is nie.+   O Jehovah my God, as ek dit gedoen het,+As daar enige onreg in my hande is,+   As ek die een wat my beloon het, met kwaad vergeld het,+Of as ek enigiemand geplunder het wat my sonder welslae vyandiggesind was,+   Laat ’n vyand dan my siel agtervolg+En laat hy my inhaal en my lewe teen die grond vertrapEn my heerlikheid in die stof laat woon. Sela.   Staan tog op, o Jehovah, in u toorn;+Verhef u by die woedeuitbarstings van dié wat my vyandiggesind is,+En ontwaak tog vir my,+ aangesien u die reg beveel het.+   En laat die vergadering van volksgroepe u omring,En keer tog teen hulle terug in die hoogte.   Jehovah sal die vonnis oor die volke vel.+Oordeel my, o Jehovah, volgens my regverdigheid+En volgens my onkreukbaarheid+ in my.   Laat die slegtheid van die goddeloses tog asseblief tot ’n einde kom,+En mag u die regverdige bevestig;+En God, wat regverdig is,+ toets die hart+ en niere.+ 10  Die skild vir my is by God,+ ’n Redder van die opregtes van hart.+ 11  God is ’n regverdige Regter,+En God spreek elke dag veroordelings uit. 12  As iemand nie terugkeer nie,+ sal Hy sy swaard skerp maak,+Hy sal beslis sy boog span, en hy sal dit gereedmaak om te skiet.+ 13  En hy moet vir hom die werktuie van die dood berei;+Sy pyle sal hy vlammend maak.+ 14  Kyk! Daar is iemand wat swanger is van wat skadelik is,+En hy het swanger geword van moeilikheid en sal sekerlik leuens baar.+ 15  ’n Kuil het hy gedelf, en hy het dit gegrawe;+Maar hy sal in die gat val wat hy gemaak het.+ 16  Sy moeilikheid sal op sy eie hoof terugkom,+En op die kroon van sy hoof sal sy eie geweld neerdaal.+ 17  Ek sal Jehovah prys volgens sy regverdigheid,+En ek sal die naam+ van Jehovah, die Allerhoogste,+ met melodieë besing.

Voetnote