Psalm 70:1-5

Vir die musiekleier. Van Dawid, om in herinnering te bring.+ 70  O God, haas u tog om my te verlos,+O Jehovah, snel my tog te hulp.+   Laat dié wat my siel soek, beskaamd staan en verleë wees.+Laat dié wat in my rampspoed behae skep, agteruitwyk en verneder word.+   Laat dié wat sê: “Ha, ha!”+ teruggaan weens hulle skaamte.   Laat almal wat u soek, hulle in u verheug en verbly,+En laat dié wat u redding liefhet, voortdurend sê: “Mag God groot gemaak word!”+   Maar ek is geteisterd en arm.+O God, tree tog gou vir my op.+U is my hulp en die Een wat aan my ontkoming verskaf.+O Jehovah, moenie te laat wees nie.+

Voetnote