Psalm 71:1-24

71  Tot u, o Jehovah, het ek my toevlug geneem.+Laat my tog nooit beskaamd staan nie.+   Mag u my in u regverdigheid verlos en aan my ontkoming verskaf.+Neig u oor tot my en red my.+   Word vir my ’n rotsvesting waar ek voortdurend kan ingaan.+U moet bevel gee om my te red,+Want u is my groot rots en my vesting.+   O my God, verskaf aan my ontkoming uit die hand van die goddelose,+Uit die palm van die een wat onreg pleeg en verdruk.+   Want u is my hoop,+ o Soewereine Heer Jehovah, my vertroue van my jeug af.+   Op u het ek gesteun van die moederskoot af;+U is die Een wat my selfs van die liggaam van my moeder geskei het.+In u is my lof voortdurend.+   Ek het vir baie mense net soos ’n wonderwerk geword;+Maar u is my sterk toevlug.+   My mond is vol van u lof,+Die hele dag deur vol van u luisterrykheid.+   Moet my nie wegwerp in die tyd van die ouderdom nie;+Moet my nie verlaat juis wanneer my krag ingee nie.+ 10  Want my vyande het van my gesê,+En dié wat op die loer is vir my siel, het saam raad gehou+ 11  En gesê: “God het hom verlaat.+Agtervolg en vang hom, want daar is geen verlosser nie.”+ 12  O God, moenie ver van my af bly nie.+O my God, snel my tog te hulp.+ 13  Laat dié wat my siel teëstaan, beskaamd word, laat hulle aan hulle einde kom.+Laat dié wat rampspoed vir my soek, hulleself met smaad en vernedering bedek.+ 14  Maar wat my betref, ek sal voortdurend wag,+En ek sal al u lof vermeerder. 15  My mond sal u regverdigheid verkondig,+Die hele dag u redding,+Want ek het hulle getal nie te wete gekom nie.+ 16  Ek sal in grootse mag kom,+ o Soewereine+ Heer Jehovah;Ek sal u regverdigheid vermeld, dié van u alleen.+ 17  O God, u het my van my jeug af geleer,+En tot nou toe bly ek u wonderlike werke verkondig.+ 18  En selfs tot die ouderdom en grysheid toe, o God, moet u my nie verlaat nie,+Totdat ek vir die geslag van u arm kan vertel,+Vir almal wat sal kom, van u mag.+ 19  U regverdigheid, o God, is tot in die hoogte;+Wat die groot dinge betref wat u gedoen het,+O God, wie is soos u?+ 20  Omdat u my baie benoudhede en rampspoede laat sien het+Maak my tog weer lewend;+En laat my weer uit die waterdieptes van die aarde opkom.+ 21  Mag u my grootheid vermeerder,+En mag u my omring en vertroos.+ 22  Ook ek, ek sal u op ’n snaarinstrument prys,+Weens u waaragtigheid, o my God.+Ek sal u met melodieë op die harp besing, o Heilige van Israel.+ 23  My lippe sal met vreugde uitroep wanneer ek u met melodieë wil besing,+Ja, my siel, wat u verlos het.+ 24  Ook sal my tong die hele dag u regverdigheid op gedempte toon uitspreek,+Want hulle wat rampspoed vir my soek, het beskaamd gestaan, want hulle het verleë geword.+

Voetnote