Psalm 72:1-20

Oor Salomo. 72  O God, gee u regterlike beslissings aan die koning,+En u regverdigheid aan die seun van die koning.+   Laat hy die regsaak van u volk met regverdigheid bepleit,+En van u geteisterdes met regterlike beslissing.+   Laat die berge vrede vir die volk dra,+Ook die heuwels, deur regverdigheid.   Laat hy die geteisterdes van die volk oordeel,+Laat hy die kinders van die arme red,En laat hy die bedrieër verbrysel.   Hulle sal u vrees solank daar ’n son is,+En voor die maan van geslag tot geslag.+   Hy sal neerdaal soos die reën op die gesnyde gras,+Soos oorvloedige reënbuie wat die aarde natmaak.+   In sy dae sal die regverdige bloei,+En die oorvloed van vrede totdat die maan nie meer is nie.+   En hy sal onderdane hê van see tot see+En van die Rivier+ tot aan die eindes van die aarde.+   Voor hom sal die bewoners van waterlose streke hulle neerbuig,+En sy vyande sal die stof lek.+ 10  Die konings van Tarsis en van die eilande+Skatting sal hulle betaal.+Die konings van Skeba en van Seba—’n Geskenk sal hulle aanbied.+ 11  En voor hom sal al die konings hulle neerwerp;+Wat al die nasies betref, hulle sal hom dien.+ 12  Want hy sal die arme verlos wat om hulp roep,+Ook die geteisterde en elkeen wat geen helper het nie.+ 13  Hy sal jammer voel vir die geringe en die arme,+En die siel van die armes sal hy red.+ 14  Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle siel verlos,En hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.+ 15  En laat hom lewe,+ en laat van die goud van Skeba aan hom gegee word.+En laat daar voortdurend vir hom gebid word;Laat hy die hele dag geloof word.+ 16  Daar sal volop graan op die aarde wees;+Op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees.+Sy vrug sal wees soos op die Libanon,+En dié wat uit die stad kom, sal bloei soos die plante van die aarde.+ 17  Laat sy naam tot onbepaalde tyd wees;+Laat sy naam voor die son toeneem,En laat hulle hulleself deur middel van hom seën;+Laat alle nasies hom gelukkig noem.+ 18  Mag Jehovah God, Israel se God, geloof word,+Wat alleen wonderlike werke doen.+ 19  En mag sy glorieryke naam tot onbepaalde tyd geloof word,+En laat sy heerlikheid die hele aarde vul.+Amen en Amen. 20  Die gebede van Dawid, die seun van Isai,+ het tot ’n einde gekom.

Voetnote