Psalm 73:1-28

’n Melodie van Asaf.+ 73  God is inderdaad goed vir Israel, vir dié wat rein van hart is.+   Wat my betref, my voete het amper afgewyk,+My voetstappe het byna uitgegly.+   Want ek het afgunstig geraak op die grootpraters+Toe ek die vrede van die goddeloses sien.+   Want hulle het geen doodspyne nie;+En hulle buik is vet.+   Hulle ervaar nie eens die moeite van die sterflike mens nie,+En hulle word nie soos ander mense gekwel nie.+   Daarom was hoogmoed vir hulle ’n halssnoer;+Geweld omhul hulle soos ’n kleed.+   Hulle oog het uitgepeul van vetheid;+Hulle het die voorstellings van die hart oortref.+   Hulle spot en praat oor wat sleg is;+Oor kullery praat hulle uit die hoogte.+   Hulle het hulle mond in die hemel gestel,+En hulle tong wandel rond op die aarde.+ 10  Daarom bring hy sy volk hierheen terug,En die waters van wat vol is, word vir hulle afgetap. 11  En hulle het gesê: “Hoe het God dit te wete gekom?+En is daar kennis by die Allerhoogste?”+ 12  Kyk! Dít is die goddeloses, wat vir onbepaalde tyd gerus is.+Hulle het hulle middele vir lewensonderhoud vermeerder.+ 13  Waarlik, tevergeefs het ek my hart gereinig+En was ek my hande in onskuld.+ 14  En ek word die hele dag gekwel,+En my teregwysing is elke oggend daar.+ 15  As ek gesê het: “Ek sal so iets vertel”,Kyk! teen die geslag van u kindersSou ek verraderlik gehandel het.+ 16  En ek het bly nadink om dit te verstaan;+Dit was iets moeiliks in my oë, 17  Totdat ek in die grootse heiligdom van God ingegaan het.+Ek wou op hulle toekoms let.+ 18  Waarlik, op glibberige grond plaas u hulle.+U het hulle in puin laat val.+ 19  Hoe het hulle tog soos in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing geword!+Hoe het hulle aan hulle einde gekom, het skielike verskrikkinge ’n einde aan hulle gemaak! 20  Soos ’n droom nadat ’n mens wakker geword het, o Jehovah,+So sal u, wanneer u ontwaak, hulle beeld verag.+ 21  Want my hart was verbitterd,+En in my niere het ek skerp pyne gevoel,+ 22  En ek was redeloos en kon nie verstaan nie;+Ek het vanuit u standpunt soos blote diere geword.+ 23  Maar ek is voortdurend by u;+U het my regterhand gevat.+ 24  Met u raad sal u my lei,+En daarna sal u my selfs tot heerlikheid voer.+ 25  Wie het ek in die hemel?+En buiten u het ek geen ander behae op die aarde nie.+ 26  My liggaam en my hart het ingegee.+God is die rots van my hart en my deel tot onbepaalde tyd.+ 27  Want kyk! dié wat hulle ver van u af hou, sal vergaan.+U sal beslis almal tot swye bring wat u op onsedelike wyse verlaat.+ 28  Maar wat my betref, dit is vir my goed om nader aan God te kom.+In die Soewereine Heer Jehovah het ek my toevlug gestel,+Om al u werke bekend te maak.+

Voetnote