Psalm 74:1-23
’n Maskil. Van Asaf.+
74 Waarom, o God, het u vir ewig verstoot?+Waarom bly u toorn teen die skape van u weiding rook?+
2 Dink aan u vergadering wat u lank gelede verwerf het,+Die stam wat u as u erfdeel losgekoop het,+Hierdie berg Sion waarop u gewoon het.+
3 Hef tog u voetstappe op na die blywende puinhope.+Die vyand het alles in die heiligdom sleg behandel.+
4 Dié wat u vyandiggesind is, het binne-in u vergaderplek gebrul.+Hulle het hulle eie tekens as die tekens gestel.+
5 ’n Mens is berug wanneer hy soos iemand is wat byle omhoog hef teen ’n digte bos bome.
6 En nou slaan hulle ál die graverings daarvan stukkend, ja, met handbyl en pale waarvan die punte met yster beslaan is.+
7 Hulle het u heiligdom in die vuur gewerp.+Hulle het die tabernakel van u naam tot die grond toe ontheilig.+
8 Hulle, ook hulle nageslag, het saam in hulle hart gesê:“Al die vergaderplekke van God sal in die land verbrand word.”+
9 Ons tekens het ons nie gesien nie; daar is geen profeet meer nie,+En daar is niemand by ons wat weet hoe lank nie.
10 Hoe lank, o God, sal die teenstander bly smaad?+Sal die vyand u naam vir ewig met minagting bejeën?+
11 Waarom hou u u hand, ja, u regterhand, teruggetrek+Uit u boesem om ’n einde aan ons te maak?
12 En tog is God van lankal af my Koning,+Die Een wat ’n grootse redding op die aarde bewerk.+
13 U het die see met u sterkte in beroering gebring;+U het die koppe van die seemonsters in die waters verbreek.+
14 U het die koppe van die Leviaʹtan+ verbrysel.U het dit as voedsel gegee vir die volk, vir dié wat die waterlose streke bewoon.+
15 U het die fontein en die stroom gekloof;+U het standhoudende riviere laat opdroog.+
16 Aan u behoort die dag; aan u behoort ook die nag.+U het die hemellig, ja die son, berei.+
17 U het al die grense van die aarde vasgestel;+Somer en winter—u het hulle geformeer.+
18 Dink hieraan: Die vyand het gesmaad, o Jehovah,+En ’n verstandelose volk het u naam met minagting bejeën.+
19 Moenie aan die wilde dier die siel van u tortelduif gee nie.+Moenie die lewe van u geteisterdes vir ewig vergeet nie.+
20 Aanskou die verbond,+Want die donker plekke van die aarde het vol wonings van geweld geword.+
21 Laat die verbryselde tog nie vernederd terugkeer nie.+Laat die geteisterde en die arme u naam loof.+
22 Staan tog op, o God, voer tog u eie regsaak.+Dink aan die smaad wat die verstandelose u die hele dag aandoen.+
23 Moenie die stem vergeet van dié wat u vyandiggesind is nie.+Die geraas van dié wat teen u opstaan, styg voortdurend op.+