Psalm 75:1-10

Vir die musiekleier. “Moenie verderf nie.” ’n Melodie. Van Asaf.+ ’n Lied. 75  Ons dank u, o God; ons dank u,+En u naam is naby.+Mense moet u wonderbare werke bekend maak.+   “Want ek het ’n vasgestelde tyd geneem;+Ek het in geregtigheid begin oordeel.+   Die aarde en al sy bewoners het weggesmelt,+En ek het sy pilare reggesit.”+ Sela.   Ek het vir die dwase gesê: “Moenie dwaas wees nie”,+En vir die goddeloses: “Moenie die horing verhef nie.+   Moenie julle horing in die hoogte verhef nie.Moenie met ’n trotse nek praat nie.+   Want nie uit die ooste of uit die westeOf uit die suide is daar verheffing nie.   Want God is die regter.+Hy verneder die een en verhef die ander.+   Want daar is ’n beker in die hand van Jehovah,+En die wyn skuim, dit is vol van ’n mengsel.En hy sal beslis die afsaksel daaruit gooi;Al die goddeloses van die aarde sal dit opslurp, dit drink.”+   Maar wat my betref, ek sal dit tot onbepaalde tyd verkondig;Ek sal die God van Jakob met melodieë besing.+ 10  “En al die horings van die goddeloses sal ek afkap.”+Die horings van die regverdige sal verhef word.+

Voetnote