Psalm 76:1-12

Vir die musiekleier, op snaarinstrumente. ’n Melodie. Van Asaf.+ ’n Lied. 76  God is bekend in Juda;+Sy naam is groot in Israel.+   En sy plek van beskutting is in Salem+En sy woonplek in Sion.+   Daar het hy die vlammende pyle van die boog verbreek,+Die skild en die swaard en die stryd.+ Sela.   U is met lig omhul, majestueuser as die roofberge.+   Die sterkes van hart is geplunder,+Hulle het ingesluimer en aan die slaap geraak,+En geeneen van al die dapper manne het hulle hande gevind nie.+   Weens u bestrawwing, o God van Jakob, het die strydwadrywer sowel as die perd vas aan die slaap geraak.+   U—vreesinboesemend is u,+En wie kan voor u standhou weens die sterkte van u toorn?+   Uit die hemel het u die regstryd laat hoor;+Die aarde het gevrees en stil geword+   Toe God opgestaan het vir die oordeel,+Om al die sagmoediges van die aarde te red.+ Sela. 10  Want die woede van die mens sal u prys;+Met die res van die woede sal u u omgord. 11  Doen geloftes en betaal dit aan Jehovah julle God, almal wat rondom hom is.+Laat hulle in vrees ’n geskenk bring.+ 12  Hy sal die gees van leiers verneder;+Vreesinboesemend is hy vir die konings van die aarde.+

Voetnote