Psalm 77:1-20

Vir die musiekleier, op Jeduʹtun. Van Asaf.+ ’n Melodie. 77  Met my stem sal ek tot God roep,+Met my stem tot God, en hy sal beslis na my luister.+   In die dag van my benoudheid het ek Jehovah gesoek.+Snags is my hand uitgestrek en word dit nie lam nie;My siel het geweier om vertroos te word.+   Ek sal aan God dink en onstuimig wees;+Ek sal besorgdheid toon, sodat my gees versmag.+ Sela.   U het my ooglede vasgegryp;+Ek het ontsteld geword en kan nie praat nie.+   Ek het gedink oor die dae van lank gelede,+Oor die jare in die onbepaalde verlede.   Ek sal in die nag aan my snarespel dink;+Met my hart sal ek besorgdheid toon,+En my gees sal sorgvuldig ondersoek.   Sal Jehovah tot onbepaalde tye bly verstoot,+En sal hy hom nooit weer laat behaag nie?+   Het sy liefderyke goedhartigheid vir ewig geëindig?+Het sy woord van geslag tot geslag op niks uitgeloop nie?+   Het God vergeet om gunstiggesind te wees,+Of het hy in toorn sy barmhartighede toegesluit?+ Sela. 10  En sal ek bly sê: “Dít deurboor my,+Dat die regterhand van die Allerhoogste verander”?+ 11  Ek sal aan die handelinge van Jah dink;+Want ek sal aan u wonderdade van lank gelede dink.+ 12  En ek sal beslis oor al u dade peins,+En u handelinge sal ek oordink.+ 13  O God, u weg is in die heiligdom.+Wie is ’n groot God soos God?+ 14  U is die ware God, wat wonderbaarlik handel.+Onder die volke het u u sterkte bekend gemaak.+ 15  Met u arm het u u volk verlos,+Die kinders van Jakob en van Josef. Sela. 16  Die waters het u gesien, o God,Die waters het u gesien; hulle het begin ineenkrimp van pyn.+Ook het die waterdieptes in beroering geraak.+ 17  Die wolke het donderend water uitgegiet;+Die bewolkte lug het ’n geluid laat hoor.Ook het u pyle in alle rigtings gevlieg.+ 18  Die geluid van u donder was soos strydwawiele;+Weerligstrale het die vrugbare land verlig;+Die aarde het in beroering geraak en begin bewe.+ 19  U weg het deur die see geloop+En u pad deur baie waters;En u voetspore het nie bekend geword nie. 20  U het u volk net soos ’n kudde gelei,+Deur die hand van Moses en Aäron.+

Voetnote