Psalm 78:1-72
Maskil. Van Asaf.+
78 Luister tog, o my volk, na my wet;+Neig julle oor tot die woorde van my mond.+
2 Met ’n spreekwoord sal ek my mond oopmaak;+Ek sal raaisels van lank gelede laat uitborrel,+
3 Wat ons gehoor het en weet+En wat ons vaders ons vertel het;+
4 Wat ons nie vir hulle kinders verberg nie,+Maar selfs vir die komende geslag vertel,+Die lofprysinge van Jehovah en sy sterkte+En sy wonderlike dinge wat hy gedoen het.+
5 En hy het ’n herinnering in Jakob gegee,+En ’n wet het hy in Israel gestel,+Dinge wat hy ons voorvaders beveel het,+Om dit aan hulle kinders bekend te maak;+
6 Sodat die komende geslag, die kinders wat gebore sou word, dit kon weet,+Sodat hulle kon opstaan en dit vir hulle kinders kon vertel,+
7 En sodat hulle hulle vertroue in God kon stel+En die handelinge van God nie sou vergeet nie,+ maar sy gebooie sou bewaar.+
8 En hulle moes nie soos hulle voorvaders word nie,+’n Hardkoppige en opstandige geslag,+’n Geslag wat nie hulle hart voorberei het nie+En wie se gees nie trou was teenoor God nie.+
9 Hoewel die kinders van Eʹfraim gewapende boogskutters was,+Het hulle teruggetrek op die dag van die stryd.+
10 Hulle het die verbond van God nie gehou nie,+En in sy wet het hulle geweier om te wandel.+
11 Hulle het ook sy handelinge begin vergeet+En sy wonderlike werke wat hy hulle laat sien het.+
12 Voor hulle voorvaders het hy wonderbaarlik gehandel+In die land Egipte,+ die veld van Soan.+
13 Hy het die see gekloof, sodat hy hulle kon laat deurtrek,+En hy het die waters soos ’n dam laat staan.+
14 En hy het hulle bedags met ’n wolk bly lei+En die hele nag met ’n lig van vuur.+
15 Hy het rotse in die wildernis gekloof,+Sodat hy hulle oorvloedig kon laat drink soos uit waterdieptes.+
16 En hy het strome uit ’n groot rots laat kom+En waters net soos riviere laat afstroom.+
17 En hulle het nog meer teen hom bly sondig+Deur in die waterlose streek teen die Allerhoogste in opstand te kom;+
18 En hulle het God in hulle hart op die proef gestel+Deur vir hulle siel iets te ete te vra.+
19 Toe het hulle teen God begin praat.+Hulle het gesê: “Kan God ’n tafel in die wildernis berei?”+
20 Kyk! Hy het ’n rots geslaan+Sodat waters gevloei het en strome in vloed was.+“Kan hy ook brood gee,+Of kan hy voedsel vir sy volk berei?”+
21 Daarom het Jehovah gehoor en grimmig geword;+En ’n vuur is teen Jakob aangesteek,+En toorn het ook teen Israel opgekom.+
22 Want hulle het nie geloof in God gestel nie,+En hulle het nie op redding deur hom vertrou nie.+
23 En hy het die bewolkte lug daar bo bevel gegee,En hy het die deure van die hemel oopgemaak.+
24 En hy het aanhoudend manna op hulle laat reën om te eet,+En die graan van die hemel het hy aan hulle gegee.+
25 Mense het die brood van magtiges geëet;+Hy het vir hulle voedsel tot versadiging toe gestuur.+
26 Hy het ’n oostewind in die hemel laat opsteek+En deur sy sterkte ’n suidewind laat waai.+
27 En hy het voedsel op hulle laat reën net soos stof,+Ja, gevleuelde voëls net soos die sandkorrels van die seë.+
28 En hy het dit aanhoudend binne-in sy kamp laat val,+Rondom sy wonings.+
29 En hulle het geëet en baie versadig geword,+En wat hulle begeer het, het hy vir hulle gebring.+
30 Hulle het hulle nog nie van hulle begeerte afgewend nie,Terwyl hulle voedsel nog in hulle mond was,+
31 Toe het God se gramskap teen hulle opgekom.+En hy het van hulle fris manne gedood;+En die jong manne van Israel het hy laat inmekaarsak.
32 Ondanks dit alles het hulle verder gesondig+En geen geloof in sy wonderlike werke gestel nie.+
33 Daarom het hy hulle dae tot ’n einde gebring asof dit ’n blote asemstoot was,+En hulle jare deur die ontsteltenis.
34 Elke keer as hy hulle gedood het, het hulle na hom gevra,+En hulle het teruggekeer en God gesoek.+
35 En hulle het daaraan begin dink dat God hulle Rots was+En dat God, die Allerhoogste, hulle Wreker was.+
36 En hulle het hom met hulle mond probeer mislei;+En met hulle tong het hulle vir hom probeer lieg.+
37 En hulle hart was nie standvastig teenoor hom nie;+En hulle was nie getrou in sy verbond nie.+
38 Maar hy was barmhartig;+ hy het die oortreding bedek+ en nie vernietiging gebring nie.+En hy het sy toorn dikwels afgewend,+En hy het nie al sy woede opgewek nie.
39 En hy het in gedagte gehou dat hulle vlees is,+Dat die gees uitgaan en nie terugkom nie.+
40 Hoe dikwels het hulle in die wildernis teen hom in opstand gekom,+Het hulle hom in die woestyn gekrenk!+
41 En keer op keer het hulle God op die proef gestel,+En hulle het die Heilige van Israel bedroef.+
42 Hulle het nie aan sy hand gedink nie,+Aan die dag toe hy hulle van die teenstander verlos het nie,+
43 Hoe hy sy tekens in Egipte gestel het+En sy wonderwerke in die veld van Soan;+
44 En hoe hy hulle Nylkanale in bloed begin verander het,+Sodat hulle nie uit hulle eie strome kon drink nie.+
45 Hy het steekvlieë oor hulle gestuur, sodat dié hulle sou verteer;+En paddas, sodat dié verwoesting oor hulle sou bring.+
46 En hy het hulle opbrengs aan die kakkerlakke begin gee,En hulle moeisame arbeid aan die sprinkane.+
47 Hy het hulle wingerdstok deur die hael vernietig,+En hulle wildevyebome deur haelstene.+
48 En hy het hulle pakdiere aan die hael oorgegee+En hulle vee aan die vlammende koors.
49 Hy het sy brandende toorn oor hulle gestuur,+Grimmigheid en veroordeling en benoudheid,+Afvaardigings van engele wat rampspoed bring.+
50 Hy het ’n pad vir sy toorn gebaan.+Hy het nie hulle siel van die dood teruggehou nie;En hulle lewe het hy aan die pes oorgegee.+
51 Uiteindelik het hy al die eersgeborenes in Egipte getref,+Die begin van hulle voortplantingsvermoë in die tente van Gam.+
52 Daarna het hy sy volk laat wegtrek net soos ’n kudde+En hulle gelei soos ’n trop in die wildernis.+
53 En hy het hulle in veiligheid bly lei, en hulle was nie beangs nie;+En die see het hulle vyande bedek.+
54 En hy het hulle na sy heilige gebied gebring,+Hierdie bergstreek wat sy regterhand verwerf het.+
55 En ter wille van hulle het hy die nasies geleidelik verdryf,+En deur die meetsnoer het hy aan hulle ’n erfdeel toegemeet,+Sodat hy die stamme van Israel in hulle eie huise laat woon het.+
56 En hulle het God, die Allerhoogste, op die proef begin stel en teen hom in opstand gekom,+En sy herinneringe het hulle nie onderhou nie.+
57 Hulle het ook bly terugdraai en verraderlik gehandel soos hulle voorvaders;+Hulle het omgedraai soos ’n slap boog.+
58 En hulle het hom bly aanstoot gee met hulle hoogtes,+En met hulle gesnede beelde het hulle hom tot jaloesie bly opwek.+
59 God het gehoor+ en grimmig geword,+En daarom het hy Israel grootliks verag.+
60 En hy het uiteindelik die tabernakel van Silo prysgegee,+Die tent waarin hy onder mense gewoon het.+
61 En hy het sy sterkte aan gevangenskap oorgegee+En sy luisterrykheid in die hand van die teenstander.+
62 En hy het sy volk aan die swaard bly oorlewer,+En teen sy erfdeel het hy grimmig geword.+
63 Sy jong manne is deur ’n vuur verteer,En sy maagde is nie geprys nie.+
64 Wat sy priesters betref, hulle het deur die swaard geval,+En hulle weduwees het nie gehuil nie.+
65 Toe het Jehovah wakker geword asof uit die slaap,+Soos ’n magtige wat nugter word van die wyn.+
66 En hy het sy teenstanders van agter getref;+’n Smaad wat onbepaald voortduur, het hy hulle gegee.+
67 En hy het die tent van Josef verwerp;+En die stam Eʹfraim het hy nie uitgekies nie.+
68 Maar hy het die stam Juda uitgekies,+Die berg Sion, wat hy liefgehad het.+
69 En hy het sy heiligdom begin bou soos die hoogtes,+Soos die aarde wat hy tot onbepaalde tyd gegrondves het.+
70 En hy het sy kneg Dawid uitgekies+En hom van die skaapkrale af weggeneem.+
71 Agter die sogende ooie+Het hy hom weggehaal om ’n herder te wees oor Jakob, sy volk,+En oor Israel, sy erfdeel.+
72 En hy het as herder oor hulle begin toesig hou volgens die onkreukbaarheid van sy hart,+En met die vaardigheid van sy hande het hy hulle begin lei.+