Psalm 79:1-13

’n Melodie van Asaf. 79  O God, die nasies het in u erfdeel ingekom;+Hulle het u heilige tempel verontreinig;+Hulle het Jerusalem ’n puinhoop gemaak.+   Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel as voedsel gegee,+Die vlees van u lojales aan die wilde diere van die aarde.+   Hulle het hulle bloed soos water uitgegietRondom Jerusalem, en daar is niemand wat begrawe nie.+   Ons het ’n smaad vir ons bure geword,+’n Bespotting en ’n beskimping vir dié rondom ons.+   Hoe lank, o Jehovah, sal u vertoornd wees? Vir ewig?+Hoe lank sal u ywer brand net soos ’n vuur?+   Stort u woede uit oor die nasies wat u nie geken het nie+En oor die koninkryke wat u naam nie aangeroep het nie.+   Want hulle het Jakob verteer,+En hulle het veroorsaak dat sy woonplek verwoes is.+   Moenie tot ons nadeel aan die oortredings van die voorouers dink nie.+Maak gou! Laat u barmhartighede ons tegemoetkom,+Want ons het baie verarm.+   Help ons, o God van ons redding,+Ter wille van die heerlikheid van u naam;+En verlos ons en bedek ons sondes ter wille van u naam.+ 10  Waarom sou die nasies sê: “Waar is hulle God?”+Laat die wraak oor die vergote bloed van u knegte+Voor ons oë onder die nasies bekend word.+ 11  Laat die gesug van die gevangene voor u kom.+Bewaar volgens die grootheid van u arm dié wat vir die dood bestem is.+ 12  En vergeld ons bure sewevoudig in hulle boesem+Hulle smaad waarmee hulle u gesmaad het, o Jehovah.+ 13  Wat ons betref, u volk en die skape van u weiding,+Ons sal u tot onbepaalde tyd dank;Van geslag tot geslag sal ons u lof bekend maak.+

Voetnote