Psalm 8:1-9

Vir die musiekleier, op die Gittit.+ ’n Melodie van Dawid. 8  O Jehovah ons Here, hoe majestueus is u naam tog op die ganse aarde,+U wie se waardigheid bo die hemele bekend gemaak word!+   Uit die mond van kinders en suigelinge het u sterkte gegrondves,+Weens dié wat my vyandiggesind is,+Om die vyand en die een wat sy wraak neem, te laat ophou.+   Wanneer ek u hemel sien, die werke van u vingers,+Die maan en die sterre wat u berei het,+   Wat is die sterflike mens+ dat u aan hom dink,+En die mensekind dat u vir hom sorg?+   U het hom ook ’n bietjie minder as goddelike wesens gemaak,+En met heerlikheid+ en prag het u hom toe gekroon.+   U laat hom oor die werke van u hande heers;+Alles het u onder sy voete gestel:+   Kleinvee en beeste, hulle almal,+En ook die diere van die oop veld,+   Die voëls van die hemel en die visse van die see,+Enigiets wat deur die paaie van die seë trek.+   O Jehovah ons Here, hoe majestueus is u naam tog op die ganse aarde!+

Voetnote