Psalm 80:1-19

Vir die musiekleier, op “Die Lelies”.+ ’n Herinnering. Van Asaf.+ ’n Melodie. 80  O Herder van Israel, luister tog,+U wat Josef net soos ’n kudde lei.+O u wat op die gerubs sit,+ straal tog.+   Wek tog u mag op voor Eʹfraim en Benjamin en Manasʹse,+En kom tog tot ons redding.+   O God, bring ons terug;+En laat u aangesig skyn, sodat ons gered kan word.+   O Jehovah, God van die leërs, hoe lank nog moet u toorn teen die gebed van u volk rook?+   U het hulle tranebrood laat eet,+En u laat hulle voortdurend trane en nogmaals trane in groot mate drink.+   U maak ons ’n voorwerp van twis vir ons bure,+En ons vyande bly spot soos dit hulle behaag.+   O God van die leërs, bring ons terug;+En laat u aangesig skyn, sodat ons gered kan word.+   U het ’n wingerdstok uit Egipte laat vertrek.+U het die nasies bly verdryf, sodat u hom kon plant.+   U het voor hom ’n oop plek gemaak,+ sodat hy kon wortelskiet en die land kon vul.+ 10  Die berge was met sy skaduwee bedek,En die seders van God met sy takke.+ 11  Hy het geleidelik sy takke tot by die see uitgestoot,+En sy lote tot by die Rivier.+ 12  Waarom het u sy klipmure afgebreek,+En waarom het almal wat met die pad verbygaan, aan hom gepluk?+ 13  ’n Wildevark uit die bos bly hom afvreet,+En die diere wat op die oop veld wemel, bly hom afwei.+ 14  O God van die leërs, keer asseblief terug;+Kyk uit die hemel af en sien en sorg vir hierdie wingerdstok+ 15  En die stok wat u regterhand geplant het,+En aanskou die seun wat u vir u sterk gemaak het.+ 16  Hy is met vuur verbrand, afgekap.+Weens die bestrawwing van u aangesig vergaan hulle.+ 17  Laat u hand oor die man van u regterhand wees,+Oor die menseseun wat u vir u sterk gemaak het,+ 18  En ons sal ons nie van u afkeer nie.+Mag u ons in die lewe hou, sodat ons u naam kan aanroep.+ 19  O Jehovah, God van die leërs, bring ons terug;+Laat u aangesig skyn, sodat ons gered kan word.+

Voetnote