Psalm 81:1-16

Vir die musiekleier, op die Gittit.+ Van Asaf. 81  O ROEP met vreugde uit tot God, ons sterkte;+Roep die God van Jakob triomfantlik toe.+   Hef ’n melodie aan+ en neem ’n tamboeryn,+Die lieflike harp tesame met die snaarinstrument.+   BLAAS die horing op nuwemaan;+Op volmaan, vir ons feesdag.+   Want dit is ’n voorskrif vir Israel,+’n Regterlike beslissing van die God van Jakob.   As ’n herinnering het hy dit aan Josef opgelê+Toe hy oor Egipteland uitgetrek het.+’n Taal wat ek nie geken het nie, het ek bly hoor.+   “Ek het sy skouer onder die las laat uitkom;+Sy hande het vry geword van die mandjie.+   In benoudheid het jy geroep, en ek het jou gered;+Ek het jou in die skuilplek van die donder begin antwoord.+Ek het jou by die waters van Meʹriba ondersoek.+ Sela.   Hoor, o my volk, en ek sal teen jou getuig,+O Israel, as jy na my sal luister.+   Onder jou sal daar geen vreemde god wees nie;+En jy sal jou nie voor ’n uitlandse god neerbuig nie.+ 10  Ek, Jehovah, is jou God,+Die Een wat jou uit Egipteland laat optrek het.+Maak jou mond wyd oop, en ek sal dit vul.+ 11  Maar my volk het nie na my stem geluister nie;+En Israel het geen gewilligheid teenoor my getoon nie.+ 12  En daarom het ek hulle laat gaan in die wederstrewigheid van hulle hart;+Hulle het in hulle eie planne gewandel.+ 13  Ag, as my volk maar na my wou luister,+Ag, as Israel maar in my weë wou wandel!+ 14  Hulle vyande sou ek maklik onderwerp,+En teen hulle teenstanders sou ek my hand rig.+ 15  Wat dié betref wat Jehovah intens haat, hulle sal kruipend na hom toe kom,+En hulle tyd sal tot onbepaalde tyd wees. 16  En hy sal hom deurentyd van die vet van die koring laat eet,+En uit die rots sal ek jou met heuning versadig.”+

Voetnote