Psalm 83:1-18

’n Lied. ’n Melodie van Asaf.+ 83  O God, laat daar geen stilswye van u kant wees nie;+Moenie bly swyg nie, en moenie stil wees nie, o God.+   Want kyk! u vyande is in beroering;+En dié wat u intens haat, het hulle hoof opgehef.+   Teen u volk voer hulle listig hulle vertroulike gesprekke;+En hulle sweer saam teen u verborgenes.+   Hulle het gesê: “Kom en laat ons hulle as ’n nasie uitwis,+Sodat die naam van Israel nie meer onthou sal word nie.”+   Want met die hart het hulle eensgesind raad gehou;+Teen u het hulle selfs ’n verbond gesluit,+   Die tente van Edom+ en die Ismaeliete, Moab+ en die Hagriete,+   Gebal en Ammon+ en Aʹmalek,Filisteʹa+ tesame met die inwoners van Tirus.+   Ook Assiʹrië het by hulle aangesluit;+Hulle het ’n arm vir die kinders van Lot geword.+ Sela.   Maak met hulle soos met Miʹdian,+ soos met Siʹsera,+Soos met Jabin+ by die Kisonstroomvallei.+ 10  Hulle is by En-Dor+ verdelg;Hulle het mis vir die grond geword.+ 11  Wat hulle edeles betref, maak hulle soos Oreb en soos Seëb,+En al hulle hertoë soos Seba en soos Salʹmunna,+ 12  Wat gesê het: “Laat ons die woonplekke van God vir ons in besit neem.”+ 13  O my God, maak hulle soos ’n dwarrelwind van dissels,+Soos stoppels voor ’n wind.+ 14  Soos ’n vuur wat die woud verbrand+En soos ’n vlam wat die berge verskroei,+ 15  Mag u hulle só agtervolg met u orkaan+En mag u hulle met u stormwind ontstel.+ 16  Vervul hulle aangesig met oneer,+Sodat mense u naam kan soek, o Jehovah.+ 17  Laat hulle tog vir altyd beskaamd staan en ontsteld wees,+En laat hulle verleë word en vergaan;+ 18  Sodat mense kan weet+ dat u, wie se naam Jehovah is,+U alleen die Allerhoogste+ oor die hele aarde is.+

Voetnote