Psalm 84:1-12

Vir die musiekleier, op die Gittit.+ Van die kinders van Korag. ’n Melodie. 84  Hoe lieflik is u grootse tabernakel,+O Jehovah van die leërs!+   My siel het vurig verlang en ook gesmag na die voorhowe van Jehovah.+My hart en my vlees roep met vreugde uit tot die lewende God.+   Selfs die voël het ’n huis gevindEn die swaeltjie ’n nes vir haar,Waar sy haar kleintjies neergelê het—U grootse altaar, o Jehovah van die leërs, my Koning en my God!   Gelukkig is dié wat in u huis woon!+Hulle hou nog aan om u te loof.+ Sela.   Gelukkig is die mense wie se sterkte in u is,+In wie se hart die grootpaaie is.+   Wanneer hulle deur die laagvlakte van die bakabosse trek,+Verander hulle dit in ’n fontein;Ja, die onderrigter+ omhul hom met seëninge.   Hulle sal voortgaan met toenemende lewenskragtigheid;+Elkeen verskyn voor God in Sion.+   O Jehovah, God van die leërs, hoor tog my gebed;+Luister tog, o God van Jakob.+ Sela.   O ons skild, kyk, o God,+En aanskou die aangesig van u gesalfde.+ 10  Want ’n dag in u voorhowe is beter as duisend elders.+Ek het verkies om liewer by die drumpel in die huis van my God te staan+As om in die tente van goddeloosheid rond te gaan.+ 11  Want Jehovah God is ’n son+ en ’n skild;+Hy gee guns en heerlikheid.+Jehovah sal niks goeds terughou van dié wat in onberispelikheid wandel nie.+ 12  O Jehovah van die leërs, gelukkig is die mens wat op u vertrou.+

Voetnote