Psalm 85:1-13

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Melodie. 85  U het behae geskep, o Jehovah, in u land;+U het die gevangenes van Jakob teruggebring.+   U het die oortreding van u volk vergewe;+U het al hulle sonde bedek.+ Sela.   U het al u grimmigheid beheers;+U het u van u gloeiende toorn afgewend.+   Laat ons terugkeer, o God van ons redding,+En laat vaar u ergernis teen ons.+   Sal u tot onbepaalde tyd op ons vertoornd wees?+Sal u u toorn van geslag tot geslag laat voortduur?+   Sal u ons nie weer lewend maak,+Sodat u volk hulle in u kan verbly nie?+   Betoon aan ons, o Jehovah, u liefderyke goedhartigheid,+En mag u aan ons u redding gee.+   Ek sal hoor wat die ware God Jehovah sal sê,+Want hy sal woorde van vrede vir sy volk+ en vir sy lojales spreek,Maar laat hulle nie tot selfvertroue terugkeer nie.+   Waarlik, sy redding is naby dié wat hom vrees,+Sodat heerlikheid in ons land kan woon.+ 10  Wat liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid betref, hulle het mekaar ontmoet;+Regverdigheid en vrede—hulle het mekaar gekus.+ 11  Waaragtigheid sal uit die aarde spruit,+En regverdigheid sal uit die hemel afkyk.+ 12  Ook sal Jehovah die goeie gee,+En ons land sal sy opbrengs lewer.+ 13  Regverdigheid sal voor hom uit gaan,+En dit sal met sy treë ’n pad maak.+

Voetnote