Psalm 86:1-17

’n Gebed van Dawid. 86  Neig u oor, o Jehovah. Antwoord my,+Want ek is geteisterd en arm.+   Bewaar tog my siel, want ek is lojaal.+U is my God—red u kneg wat op u vertrou.+   Betoon guns aan my, o Jehovah,+Want ek roep u die hele dag aan.+   Maak die siel van u kneg bly,+Want tot u, o Jehovah, hef ek my siel op.+   Want u, o Jehovah, is goed+ en vergewensgesind;+En die liefderyke goedhartigheid teenoor almal wat u aanroep, is oorvloedig.+   Luister tog, o Jehovah, na my gebed;+En skenk tog aandag aan die stem van my dringende versoeke.+   In die dag van my benoudheid sal ek u aanroep,+Want u sal my antwoord.+   Daar is niemand soos u onder die gode nie, o Jehovah,+Ook is daar niks soos u werke nie.+   Al die nasies wat u gemaak het, sal kom,+En hulle sal hulle voor u neerbuig, o Jehovah,+En sal aan u naam heerlikheid gee.+ 10  Want u is groot en doen wonderbare dinge;+U is God, u alleen.+ 11  Onderrig my, o Jehovah, aangaande u weg.+Ek sal in u waarheid wandel.+Verenig my hart om u naam te vrees.+ 12  Ek prys u, o Jehovah my God, met my hele hart,+En ek sal u naam tot onbepaalde tyd verheerlik, 13  Want u liefderyke goedhartigheid is groot teenoor my,+En u het my siel uit Sjeool, sy laagste plek, verlos.+ 14  O God, die vermeteles het teen my opgestaan;+En die vergadering van tiranne het my siel gesoek,+En hulle het u nie voor hulle gestel nie.+ 15  Maar u, o Jehovah, is ’n barmhartige en genadige God,+Wat nie gou toornig word nie+ en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid.+ 16  Wend u tot my en betoon guns aan my.+Gee tog u sterkte aan u kneg,+En red tog die seun van u slavin.+ 17  Verrig ten opsigte van my ’n teken wat op goedheid dui,Sodat my haters dit sien en beskaamd staan.+Want u, o Jehovah, het my gehelp en vertroos.+

Voetnote