Psalm 87:1-7

Van die kinders van Korag. ’n Melodie, ’n lied. 87  Sy fondament is op die heilige berge.+   Jehovah het die poorte van Sion liewer+As al die wonings van Jakob.+   Glorieryke dinge word van jou gesê, o stad van die ware God.+ Sela.   Ek sal Ragab+ en Babilon+ noem onder dié wat my ken;Kyk, Filisteʹa+ en Tirus, tesame met Kus:“Hierdie een is daar gebore.”+   En van Sion sal gesê word:“’n Ieder en ’n elk is daarin gebore.”+En die Allerhoogste+ sal dit stewig vestig.+   Wanneer Jehovah die volke opskryf, sal hy bekend maak:+“Hierdie een is daar gebore.”+ Sela.   Daar sal ook sangers sowel as dansers van kringdanse wees:+“Al my fonteine is in jou.”+

Voetnote